Man gestenig ná rusie oor vriendin

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 23-jarige man is Sondag in Mathopestad buite Rustenburg in Noordwes gestenig.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê ʼn struweling het tussen die oorledene en ʼn 41-jarige man ontstaan nadat die ouer man glo aangelê het by die slagoffer se vriendin.

“Daar het ʼn bakleiery tussen die mans ontstaan en die 23-jarige man het die 41-jarige man met ʼn mes in die nek gesteek,” se Makau.

Nadat die ouer man in die nek gesteek is, het sy vriende ingespring en die 23-jarige man met klippe bestook.

Hulle het hom  vir dood agtergelaat.

Albei mans is na die hospitaal geneem, waar die 23-jarige dood verklaar is.

Die 41-jarige man is in hegtenis geneem en verskyn Dinsdag in die Koster-landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

pieterdp ·

Iets klink nie reg nie. Die 23 jarige steek die 41 jarige in die nek. Die 41 jarige se vriende stenig die 23 jarige. Nou word die 41 jarige aangekla, vir wat???

Adam ·

Pieterdp, Wat die 41 jarige aanbetref, weet ons ongelukkig nie hoe passief sy rol was nie. Hy het waarskynlik homself aan aanranding, selfs onsedelike aanranding, skuldig gemaak alvorens hy met die mes gesteek is en kon dalk sy vriende aangehits het om wraak te neem, iets wat tot ‘n klag van minstens strafbare manslag aanleiding kan gee.

Zirk ·

Dan is daar nog ANC politici wat skrou, “black lives does’nt matter”. Dis dan juis HULLE wat ALLE lewe in hierdie land goedkoop gemaak het.
Nog ‘n voorbeeld; my huishulp se 20 jarige seun is op die sokkerveld met ‘n skroewedraaier doodgesteek. En wat van plaasmoorde.?

Skim ·

Baie classy, geen WONDER daar word nie ‘n oog geknip oor plaasmoorde nie. Hierdie is ‘n heel aanvaarde praktyk in baie townships. EK hoor daagliks daarvan, die koerante nie. Ons het werkers wat ons gereeld daarvan inlig, mense wat met klippe doodgegooi word en verbrand word, so ja, ‘n boer met ‘n boor in sy knie of wat met ‘n blowtorch gemartel word is nie vir die kriminele in hierdie land ‘n veel groter oortreding as die gestenig en aan die brandsteek van vriende en familie wat vir hulle meisies kyk nie .. skokkend.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.