Man gestenig wat sesjarige verkrag, vermoor

Argieffoto (Foto: Tracey Adams/African News Agency/ANA)

Die polisiekommissaris in Limpopo, lt.genl. Thembi Hadebe, het die gemeenskap gemaan om nou saam met die polisie te werk wanneer misdade teen kinders gepleeg word.

Dit volg ná ʼn sesjarige meisie verkrag en vermoor is en haar vermeende aanvaller Saterdag naby Tzaneen deur die gemeenskap gestenig is.

“Die polisie het ʼn berig ontvang oor die liggaam van ʼn kind wat by Lusaka gevind is, en die liggaam van ʼn 28-jarige man by Petanenge, albei gebiede onder die Ritavi-polisiëringsgebied,” sê brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie. “Met hul aankoms het hulle ʼn kind met gewelddadige nekbeserings aangetref en die man is vermoedelik met klippe doodgegooi.”

Die voorlopige ondersoek het onthul dat die sesjarige omstreeks 08:30 lemoene by haar ouma se huis wou gaan haal het. Sy het nooit teruggekeer nie.

Die gesin, en lede van die gemeenskap, het na haar begin soek en omstreeks 14:00 het hulle inligting ontvang dat die kind laas saam met die man opgemerk is.

“Hulle het die man gevind waar hy in sy huis wegkruip. Hy het glo aan die gemeenskap bely dat hy die kind verkrag het en het haar doodgemaak om die bewyse weg te steek. Hy het hulle gewys waar hy die kind begrawe het en hulle het haar liggaam onder die bosse gevind.”

Hadebe sê die verkragting en gewelddadige moord op ʼn sesjarige is uiters skokkend en ʼn beroep word op alle gemeenskappe, veral ouers en voogde, gedoen om altyd ekstra voorsorgmaatreëls te tref om kinders te beskerm. Hy het die gemeenskap ook gemaan om nie reg in eie hande te neem nie.

Die polisie ondersoek sake van verkragting en moord teen die oorlede verdagte en ʼn saak van moord oor boendoegeregtigheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Casper ·

Wat is die afgryslikste,die verkragting en moord van die sesjarige of die steniging van die sekspes.Eersgenoemde sou ek sê.Die gemeenskappe het nie meer vertroue in die regstelsels nie en daarom gebeur wat gebeur het.

Jaco ·

My kommentaar is op eie ondervinding gebaseer:
1-2. Vra jy die SAPD om uit te kom en dat jy weet waar die misdadiger is, sê hulle hulle het nie ‘n voertuig nie, of hulle daag so 5 – 6 ure later eers op.
3. Neem hulle wel die misdadiger in hegtenis, laat hulle hom ‘n paar ure later bloot op ‘n waarskuwing vry.
4. Word hy uiteindelik verhoor, glo die hof hom weer dat die polisie hom aangerand het en word sy “menseregte” in ag geneem by strafversagting.
5. Word hy wel verhoor, word die saak vertraag want “die dossier het weggeraak”.
SO, in die lig van al dié bogenoemde nonsens, neem mens die gemeenskap se optrede teen dié misdadiger nie kwalik nie.

Misky ·

Polisie is traag en gemeenskappe het geen vertroue meer in hulle nie. Nou weet hulle daai gemors kan dit ten minste nooit weer doen nie. Een minder om oor hoef te worry en nie op belastingbetaler se nek te lê nie.

Agge nee ·

By ons skool is vanoggend ‘n plekkie leeg, niemand gaan vandag haar leesboekie oopmaak of haar sommetjies doen saam met haar juffrou nie. Pouse gaan daar een plekkie leeg wees daar waar hulle broodjies eet en op die ‘jungle gym’ speel. Hierdie is een van die ergste dinge wat ‘n skool en in besonder haar juffrou kan tref. Hoe kan ‘n familielid so iets doen? Toe ek die berig gelees het, het ek gedink, ‘dit is maar goed so, geregtigheid ‘swift and sure”, nog voor ek die nuus gekry het dat dit een van ons skool se kindertjies is. Vandag hang daar ‘n swart wolk oor ons. Niemand lag nie, onderwyseresse lyk stroef, kindertjies gespanne en dit is ‘n aaklige gevoel om die stoeltjie en tafeltjie in die klas te sien. Die klasmaatjies het die tafeltjie met blomme versier en die hele fondasiefase (418 kindertjies) teken prentjies vir die ‘maatjie’

Swerwer ·

Dit is ‘n afgryslik onaanvaarbare daad wat die slagoffer gepleeg het, en ek ondersteun die gemeenskap dat hulle gereg in eie hande geneem het want as die man gearresteer sou word, was hy net weer vrygelaat en hoeveel ander weerlose kinders/vrouens sou sy slagoffers geword het. Dit is tyd dat hoed en die ANC Regering besef dat mense keelvol is vir hul patetiese regstelsel.

Boon ·

ek is nie skaam om te erken dat ek simpatie met die gemeenskap se mense het nie. Dalk sal ek ook self geregtigheid in eie hande geneem het, want dit sal enige nuwe gevalle van sulke baarbaarse moord op onskuldige kinders beter voorkom.as ons gebrekkige regstelsel.

Hennie ·

As jy n kind verkrag het jy nie reg op lewe nie …. voel so of ek kan Bells uit deel.

madels ·

Bundu geregtigheid stem ek mee saam in sulke gevalle want selfs gevaarlike misdadigers word op borgtog vrygelaat net om weer te verkrag, moor en plunder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.