Man gestraf ná DBV 11 windhonde van kant moet maak

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Donderdag in die Vryheid-landdroshof in KwaZulu-Natal skuldig bevind en tot tronkstraf of ʼn boete gevonnis op aanklag van dieremishandeling.

Jaco Pieterse, ʼn senior inspekteur by die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), sê Dlokwakhe Johnston Bopela het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is ʼn boete van R10 000 opgelê of 12 maande tronkstraf.

Pieterse sê die landdroshof het ook beslis dat Bopela onbevoeg is om diere aan te hou. Die hof het beveel dat die 10 honde wat tans in Bopela se sorg is onmiddellik aan die DBV oorgegee moet word.

Die DBV het in 2011 ʼn lasbrief bekom en Bopela se eiendom besoek waar hulle op 22 windhonde in haglike toestande afgekom het. Die honde het erge beserings gehad waaronder gebreekte bene. Pieterse sê 11 van die 22 honde moes van kant gemaak word weens hulle beserings.

Volgens Pieterse is Bopela in 2009 op soortgelyke aanklagte in die Vryheid-landdroshof gevonnis. “Die NDBV het in die saak bewys dat ons nie dieremishandeling ligtelik opneem nie en tot die einde toe sal veg tot geregtigheid geskied,” het Pieterse gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

charmaine ·

Is dit nou waaragtig die swaarste straf wat die walglike monster kon kry vir wat hy aan die diere gedoen het? Wetgewing is heeltemal ontoereikend vir die boosheid wat aan onskuldige diere edoen word. Swaarder strawwe sal moet opgele word!

estelle ·

ek stem 100% Charmaine! en ironies as ‘n dier ‘n mens byt is almal “up in arms” sit die dier uit!! maar diegene wat hulle verniel, kom lig daarvan af, wat van sit hulle in ‘n hokkie en maak hulle met gif van kant!

Anita ·

Wie kan onthou hoekom is die lisensies wat jy vir honde moes hê, geskrap?

Elke Jan rap en sy maat hou honde aan net om te teël en ‘n wins daaruit te maak. Hierdie praktyk moet slegs aan bevoegde persone toegestaan word.

So kan soveel verwilderde en mishandelde honde, veral in die townships, baie pyn en lyding gespaar word.

veronica ·

Ek voeg my stem by die wat pleit: ASB swaarder strawwe vir dieremishandeling!!!!!! ASB!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.