Man gestraf wat diere in wildtuin probeer stroop

Die Skukuza ruskamp. (Foto: Kruger National Park)

ʼn Man is vandeesweek swaar gestraf nadat hy in 2020 die Krugerwildtuin betree het met die doel om wilde diere te stroop. Dié plan is egter in die wiele gery nadat ʼn wildbewaarder die man en sy twee makkers betrap het.

Sam Khoza (47) is nege jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuld beken het op al die aanklagte teen hom.

Khoza is aanvanklik in November 2020 in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van verbode vuurwapens, besit van onwettige ammunisie, asook die besit van ʼn gevaarlike wapen. ʼn Aanklag van die oortreding van die Immigrasiewet is later bygevoeg nadat dit aan die lig gekom het dat Khoza in Mosambiek gebore is en onwettig in Suid-Afrika is.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, sê die swaar straf volg nadat Khoza saam met twee ander verdagtes in die Krugerwildtuin betrap is.

ʼn Wildbewaarder het op die dag die drie mans, wat in die wildtuin was met die doel om wilde diere te stroop, gewaar en ʼn skietery het ontstaan. Twee van die verdagtes het op die vlug geslaan, maar Khoza, wat tydens die skietery beseer is, is deur die wildbewaarder vasgetrek.

Sam Khoza (47). (Foto: Verskaf)

“Die polisie in Skukuza is oor die voorval in kennis gestel en het met hul aankoms die beskuldigde in hegtenis geneem. Tydens sy inhegtenisneming is daar ʼn geweer, ammunisie en ʼn knaldemper in sy besit gevind,” sê Mohlala.

Nadat Khoza van sy beserings herstel het, is hy voor die Skukuza-streekhof gedaag. Die saak is aan die Skukuza-veediefstaleenheid oorhandig wat kundiges op die gebied is in die ondersoek van onwettige stropery.

“Die span het onvermoeid gewerk om te verseker dat die beskuldigde skuldig bevind en gevonnis word,” sê hy.

“Die span het hul saak voor die hof gestel en met die staat se oorweldigende bewyse teen hom, het Khoza besluit om verlede week skuldig te pleit op al die aanklagte teen hom.”

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris in Mpumalanga, het die span wildbewaarders, die ondersoekspan, die vervolgingspan en die regbank geloof vir hul samewerking om die beskuldigde eindelik vas te trek en gevonnis te kry.

“Ons hoop dat hierdie vonnis sal dien as ʼn afskrikmiddel vir diegene wat dit dalk oorweeg om die optrede van die skuldige na te boots,” sê Manamela.

“Ons hoop mense het nou al geleer dat jy swaar gestraf kan word as jy bloot probeer om wilde diere onregmatig te stroop.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

9 jr??? Is fit nou vir al fie Klagtes teen hom insluitende die Vuurwapens & Ammunisie.?
Hy moet mos ook weet waar en wie sy makkers was of was hy opdrag gegee om die straf nsmens almal te dra.

Astrain ·

Lekker van sy beserings herstel op die belastingbetalers se rekening…julle moet meer raak skiet want nou gaan hy nog lekker in in SA tronk sit ook op die rekening van belastingbetalers….

Waarnemer ·

9 jaar ? En onse Zoempie kry 15 mnde vir bedrog en toe word hy boonoo vrygelaat agv “terminale siekte” of te wete om gholf maat vir schabir te wees.
*MM blok my maar weer)

Manie ·

Stuur die wildbewaarder vir wapen heropleiding, hy het swak geskiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.