Man gevind wat BMW op N3 laat tol

Skermgreep uit die video

ʼn 26-jarige man is Maandag in Edenvale in hegtenis geneem in verband met roekelose bestuur op die N3 naby Linksfieldrylaan.

Sello Maremane, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, sê beeldmateriaal van die voorval is wyd op sosiale media versprei van die voorval wat verlede week Donderdag plaasgevind het. Die video wys hoe ʼn motoris, in ʼn blou BMW, die motor op die snelweg in die rondte laat tol.

Die Gautengse verkeerspolisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur om te bepaal aan wie die motor behoort en waar die persoon bly. “Die ondersoek het onthul die eienaar bly in Edenvale. Die eienaar is gekontak en hy het bevestig sy seun het op die betrokke dag roekeloos met die motor gery op ʼn openbare pa,” het Maremane gesê.

Die bestuurder van die motor is in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en nalatige bestuur.

“Die Gautengse verkeerspolisie rig ʼn streng waarskuwing aan motoriste wat ons paaie vir onwettige wedrenne of truuks misbruik. Hierdie optrede sal nooit geduld word nie. Roekelose en nalatige bestuur is een van die grootste oorsake van noodlottige ongelukke.”

Maremane sê die spesiale wetstoepassingseenheid van die Gautengse verkeerspolisie word geloof dat hulle die verdagte suksesvol kon opspoor en in hegtenis neem.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mariana ·

Na curfew ook nog. Sluit toe. Hy hoort nie agter motor se stuur nie.

Wielspore ·

Daar is net een manier om ‘n BMW te laat tol en dit is om die stuurwiel skuins te draai en voet in die hoek te sit. Hierdie is seker ‘n bedorwe seun wat nie bydrae lewer teenoor die onderhoud van die voertuig. Pappa sorg vir alles, selfs die strafregtelike gedeelte.

Pieter ·

En die taxis wat ry en maak soos hulle wil die gaan soek julle nie.

Jr ·

Dis nou die nuwe amptelike niks werd antwoord deesdae ” We will never allow these incidents.”
Ja – nee seker. We condemn these incidents werk nie meer. En I am shocked to hear werk ook nie meer

Boer ·

Dan moet die polisie ook begin by die Taxis of is daar ander wette vir taxis.

Genis ·

Miskien moet on Taxi’s afneem wat die wet oortree helder oor dag, en mense se lewens in gevaar stel… Wonder of hulle ook so gesoek gaan word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.