Man gevonnis ná 13-jarige se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 42-jarige man is Donderdag in die Empangeni-streekshof gevonnis in verband met die verkragting van ʼn 13-jarige seun.

Mandlakayise Mkhwanazi is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis.

Hy het die tiener in 2015 na ʼn winkel toe gestuur en toe hy teruggekom het, het hy die seun in sy kamer ingedwing en hom verkrag. Hy het gedreig om die tiener te vermoor indien hy dit sou aanmeld.

“Die slagoffer het stilgebly totdat hy siek geword en sy ma daarvan vertel het,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, gesê. “Die saak is by die Empangeni-polisiestasie aangemeld en Mkhwanazi is op 9 Augustus 2015 in hegtenis geneem in verband met die verkragting.”

Mkhwanazi het ʼn paar keer in die hof verskyn voor sy skuldigbevinding en vonnisoplegging.

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die beamptes geloof vir die suksesvolle vervolging van die oortreder. “Ons kinders is die toekoms van die land en hulle moet beskerm word teen mense wat hulle mishandel. Ons lede sal kinders steeds leer van hul regte en ons doen ook ʼn beroep op ouers om hul kinders in te lig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dankie ·

Dankie tog dat die stuk gemors tronk toe gaan, hoop die seun kry sielkundige behandeling ook!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.