ʼn Man van Mpumalanga wat sy vrou so erg met ʼn hamer aangerand het dat sy haar tot genadedood gewend het, is Maandag in die Nelspruit-landdroshof gevonnis.
Edwin Cruywagen (44) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis. Landdros Shelly Msibi het ook bevind dat Cruywagen, wat onskuldig gepleit het op aanklag van poging tot moord, onbevoeg is om ‘n vuurwapen te besit.
Cruywagen is vroeër skuldig bevind aan die aanval op sy vrou, Francis, op 21 Junie 2011. Cruywagen het beweer dat hy die aand by die huis gekom het na ʼn kuier en gesien het sy vrou is aangerand. Hy beweer hy het toe die huis verlaat om die aanvallers te gaan soek. Francis is na die aanval blind en verlam gelaat. Sy het ook erge breinskade opgedoen. Sy is na die aanval na Holland waar sy deur genadedood ʼn einde aan haar lewe gemaak het.
Michael Mazibuko, staatsaanklaer, sê Francis het ondraaglike pyn verduur. Sy het omtrent 260 behandelingsessies ondergaan tussen Januarie en Desember 2012 teen ‘n koste van meer as R130 000.
Agnes Mokoena, ‘n maatskaplike werker, het getuig dat Cruywagen geen berou vir sy dade getoon het nie. “Hy het in Zimbabwe grootgeword en baie rondgetrek. Sy stiefpa het sy ma en sy suster misbruik en hy en sy sibbes het 12 verskillende skole bygewoon.” Mokoena sê Cruywagen is aan geweld en dwelmmisbruik onderwerp toe hy by die weermag aangesluit het. “Volgens sy suster en vriende is hy aggressief.”
Lees ook:
Man skuldig aan hamer-aanval wat lei tot genadedood
Goeie besluit geneem deur die landdros en getuies. Sulke vroue-mishandelaars hoort vir ewig uit die samelewing verwyder te word.
Net 15 jaar?
Net 15 jaar???
Mag hy vir die res van sy lewe, ook elke dag met n “hammer” gepiets word.
Onthou, dis mos net poging tot moord. So waarom sal die skuim dan nou lewenslank kry?
Hoop hy kry baie bitterlik swaar in die gevangenis.
Kyk nou net wat sê Mazibuko en Mokoena van die ding. En wat kry hy – ‘n raps op die hande. Daardie arme vrou is deur hel en terug en hy kry 15 jaar. Hy sal nie eers die hele 15 jaar sit nie. Dit gaan my verstand te bowe.