Man gevonnis na hy 96-jarige seksueel aanrand

Mark Labuschagne (Foto: Facebook)

Mark Labuschagne (37) is tot effektiewelik 15 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy onder meer aan seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie skuldig bevind is.

Labuschagne is Maandag in die Mosselbaai-streekhof gevonnis nadat hy einde 2020 in hegtenis geneem is.

Hy het by ’n aftreeoord in Mosselbaai gewerk waartydens hy ’n 96-jarige vrou seksueel aangerand het en hom aan ’n 79-jarige vrou ontbloot en hom in haar teenwoordigheid bevredig het.

Daar is kort na Labuschagne se inhegtenisneming op kinderpornografie op sy selfoon afgekom. Landdros Francis Makamandela het Labuschagne tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van seksuele aanranding, drie jaar tronkstraf nadat hy hom in die openbaar ontbloot en bevredig het en sewe jaar tronkstraf vir die besit van kinderpornografie.

Makamandela het gesê het die land is vasgevang in ’n plaag van gewelddadige seksuele misdrywe en seksuele uitbuiting, met die kwesbaarstes wat geteiken word. Sy het haar walging uitgespreek oor die dade wat die beskuldigde gepleeg het.

Sy naam sal op die register vir seksuele oortreders geplaas word en hy is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit of met kinders te werk.

Lt.genl. Thembisile Patekile, polisiekommissaris in die Wes-Kaap, het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Natasha ·

Ons lewe in ‘n siek wêreld! Persoonlik voel ek 15 jaar is te min! Ons sal regtig met ‘n strenger strafstelsel voorendag moet kom om mense 10 keer te laat dink voor hulle sulke dade aanvang.

LD ·

Die straf moet eintlik so erg wees dat hulle nie eers daaraan moet dink nie, nie eers 1 keer nie! Sny af wat pla! Maak ñ voorbeeld, dan is daai ding wat gepla het nie meer daar om die tipe siek dinge mee te doen nie!

PersHeks ·

Wat op dees aarde!!! As hy so iets met ‘n 96 en 79 jariges kon doen, kan jy dink wat se vieslike goed hy met kinders dan aangevang het!! Sit boetie … hoop hulle help jou mooi in die tronk!!

Shakespeare ·

Die man moet opgeneem word in ‘n psigiatriese inrigting want sy koppie raas erg.

Swerwer ·

15 jaar is beslis te min. Siek, walglik daar is nie woorde om hierdie dade te beskryf nie.

Lindi ·

NET 5 jaar vir seksuele aanranding van ‘n 96 jarige? Nee o Do…….. daar is GEEN geregtigheid in ons land nie!!!!!

Annelize ·

Myns insiens is 15jaar hoopeloos te min.
Sny af wat pla, sluit hom toe en gooi die sleutel weg.

Benn ·

Net 15 jaar!! Hoeveel daarvan gaan hy werklik uitdien voor parool?

Magda G ·

Hy moes 150 jaar tronkstraf gekry het. Die arme oumensies moes in vreeslike toestand verkeer het.

Benita ·

Siek gemors. Sluit die ding toe en gooi die sleutel weg. Lae gemors!!!!

MARELIZE ·

Hy moes ook onbevoeg verklaar gewees het om met oumense te werk!

Niklaas ·

Hierdie knaap moet eintlik glad nie weer op straat verskyn nie. Uiters gevaarlik.

Andelucia ·

Ek stem dis onaanvaarbaar dat die soort misdade so min tronkstraf kry..Hul moet ten minste 50jr kry. Hul hoort nie in die sameleweing. Die slagoffer kry die swaarste en is res van hul lewe geskend. Veral kinders !!!!! Howe moet wakker skrik en swaarder strawwe oplê..ASB!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.