Man gevonnis ná hy dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 33-jarige man van die Oos-Kaap is gevonnis vir die verkragting van sy 11-jarige dogter.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word nie ten einde die identiteit van sy dogter te beskerm, is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in die Mqanduli-streekshof naby Qunu.

Die hof het gehoor dat die man die aand van 25 Oktober 2015 sy dogter na ’n onvoltooide Hop-huis gevat en haar verkrag het. “Sy vrou, die meisie se stiefma, het na hulle begin soek toe hulle nie teruggekeer het nie. Sy het haar man daar gevind met sy broek afgetrek en die meisie wat op haar rug lê. Hy het haar toe al twee keer verkrag.”

Volgens Tyali het die stiefma die volgende dag vir die meisie se biologiese ma van die voorval vertel waarna hulle dit by die polisie gaan aanmeld het. Die man is skuldig bevind nadat sy dogter en vrou in die hof getuig het. Hy het beweer hy was onder die invloed van alkohol.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Charlotte ·

GEMORS…..Hy verdien lewenslank en hy sal voel hoe dit voel om verkrag te word in die tronk……soos die bybel se….n oog vir n oog!!!!

Koos ·

Bevestig regter Jansen se stelling. Waar is die aktiviste nou? Gilian Schutte jy skuld die regter ‘n verskoning

Oom Kalahari ·

Regter Mabel Jansen, jy is so korrek in jou stellings gewees, want dit word daagliks bewys en die geskiedenis vertel ‘n groot prentjie. Hoop die Gillian Schutte het ‘n rooi gesig oor die onreg wat sy jou aan gedoen het. Die kind is weerloos en mag jou straf hard wees.

Lance ·

Presies Mabel se woorde nognie eers koud …en dis maar van die gevalle wat in n hof draai so baie kom nooit eers na vore nie …

christine ·

Ja wat se mens hou net bek. Madel jy was reg in jou jare se ervaring. Ek weier om my aan my neus te lei. Ek sal nie Gat kruip vir Afrika nie. Slegte mense kry jy oral maar die laer as slangdinges is gesaai en nie geplant nie. Nogal in daai plek waar die meeste krimenele gebore word.

GES ·

As die waarheid gebesig word is dit skielik rassisme? Elke keer as daar ‘n berig van die aard verskyn is die omstandighede feitlik dieselfde, net ander name. Die regter is waarskynlik nie so ver van die waarheid verwyder nie. Miskien is dit tyd dat die Schutte vroumens wakker skrik.

Riekie ·

Wat sê dai Schutte verraaier nou? Hoop sy kry haar dag ook nog!!! Sterkte aan die regter. Bid vir jou

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.