Man gevonnis na hy dogter verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydag in die Pietermaritzburg-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting van sy dogter.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die man van Hammarsdale het in 2008 sy dogter begin verkrag toe sy by hom en ander familielede gaan woon het. Sy was ses jaar oud.

Kara het gesê die meisie het eers saam met haar ma gewoon maar moes by haar pa gaan bly het nadat haar ma siek geword het. Die meisie het in 2012 by haar ma gaan kuier en geweier om terug te gaan na haar pa. Die meisie het vir haar ma en ʼn maatskaplike werker gesê haar pa het haar verskeie kere verkrag.

“Ek wens niemand toe wat met my gebeur het nie. My pa kan dit ontken, maar hy ontken iets wat hy weet hy gedoen het, en dit is seer,” het die meisie in haar verklaring aan die hof gesê.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag verwelkom die vonnis en meen dit is gepas vir die oortreding wat begaan is,” het Kara gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SNEL ·

Dis vreeslik, dat n pa dit aan sy eie dogter kan doen. Lewenslank is presies wat hy verdien.

v ·

Sterkte!Dit is n letsel wat veraltyd daar sal bly.Watter voorbeeld stel n pa vir sy dogter.Dit maak dat mens geen man kan vertrou nie.Laat hy maar lekker sit.So man moet ook weggehou word van sy kleinkinders!Gewetenlose gemors!

Tammy ·

Ek prys die regter, geregtigheid het geskied. Hy mag net nooit parool kry nie die skurk. Die arme kind het sielkundige hulp nodig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.