Man gevonnis ná hy en meisie haar ma vermoor

Rosemary Theron. Argieffoto.

Rosemary Theron. Argieffoto.

Kyle Maspero (20) is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op Rosemary Theron, sy voormalige vriendin se ma.

Regterpresident John Hlophe het Maspero tot effektiewelik 13 jaar tronkstraf gevonnis. Maspero het, met behulp van Theron se dogter, Phoenix Racing Cloud, haar na die huis se slaapkamer gesleep waar ʼn tou om haar nek gesit en sy verwurg is.

Phoenix het ʼn pleitooreenkoms aangegaan en dien reeds 15 jaar tronkstraf uit.. Hlophe het in sy uitspraak Woensdag gesê Phoenix “is boos om die minste te sê” en Maspero “is die perfekte kandidaat vir lewenslange tronkstraf”.

Aangesien Maspero minderjarig was ten tye van die moord, kan hy nie lewenslange tronkstraf opgelê word nie. “Jy was net 17 jaar oud, maar het soos ʼn krimineel gedink en opgetree en dit is hoe jy behandel moet word. Die rol wat jou vriendin gespeel het is ondenkbaar, sy is boos. Jy moet nie meer gestraf word as wat sy gestraf is nie.”

Michelle Searle, ʼn familielid van Theron, het buite die hof aan joernaliste gesê sy dink die twee skuldiges moes ʼn swaarder vonnis gekry het. “Ek het Phoenix vergewe, maar ek kan Maspero nie vergewe nie. Hy toon geen berou nie.”

Theron is in Maart 2013 vermoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ME ·

Hopeloos te min tyd vir ‘n moordenaar. Al was hy 17 jaar was hy volwasse genoeg om te weet wat hy aanvang. Hoop jy Maspero kom nooit lewendig uit jou sel uit nie.

Dee ·

Daar moes ‘n aanklaer van Gerrie Nel se kaliber betrokke gewees het om te appeleer teen die ligte vonnis(se).

ME ·

@Dee……nou praat jy…..ons het Gerrie Nel in alle moord sake nodig

Caddy ·

Lewenslank moet presies dit beteken, lewenslank, vir die res van jou lewe, nie 15jr of 17jr nie!

Bach ·

Ja maar sekere mense beweer mos dat Gerrie in die Oscar saak ‘n heksejag voer teen iemand wat reeds genoeg gely het.

elize ·

Ek het nie woorde nie. Die 2 was 17 toe hul die dogter se ma vermoor het. Die dogter se ma se lyk is eers 8 maande later gevind, toe die (seun-moordenaar) besluit het om haar lyk te skuif. En n helper besluit het om te praat. As 2 kinders die gereg (polisie) so om die bos kan lei, maak dit sin dat hul meeste plaasmoorde nie kan oplos nie. Maak my bang…

Franse ·

As da ma net meer Gerrie Nels was sou minder moordenaars hier buite rondgele het moi so Gerrie jy gee oscar wat hom toekom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.