Man gevonnis ná hy en meisie ma vermoor

Rosemary Theron

Rosemary Theron

Kyle Maspero was net 18 jaar oud toe hy ʼn tou om Rosemary Theron (39) se nek gesit en haar verwurg het.

Maspero het, met behulp van Theron se dogter, Phoenix Racing Cloud, haar na die huis se slaapkamer gesleep. “Ek het aan die tou vasgeklou terwyl Phoenix vir my gesê het om nie na die oorledene se gesig te kyk nie en saam met haar vier minute af te tel, wat ek gedoen het.”

Dié besonderhede van die moorddag in Maart 2013 is vervat in Maspero se pleitooreenkoms. Sy voormalige vriendin, Phoenix, het ook ‘n pleitooreenkoms aangegaan en dien reeds 15 jaar tronkstraf uit.

Maspero het skuld beken op aanklag van moord met voorbedagte rade en sal na verwagting Maandag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis word. Regterpresident John Hlophe sal die getuienis van vyf of ses getuies aanhoor ter versagting of verswaring van straf voordat hy Maspero sal vonnis.

Maspero is vroeër op borgtog van R3 000 vrygelaat.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SkarrelKind ·

Kry vir julle. Ek hoop tronk is vet pret en die moeite werd vir julle wreedheid.

Martin ·

Niks kan so iets ooit regverdig nie. Maar ek stem ook nie saam met die omstandighede waarin die ma toegelaat het om die kind te laat opgroei nie.

pop ·

artin, deesdae word baie kinders so groot. As mens nie vir n kind grense gee waarvolgens mense moet leef nie, dan heers daar gaos. Soos ons elke dag om ons sien.

Grotman ·

Altyd die arme kinders! Jammer maar moord is moord. Die jeug van vandag maak en breuk soos hulle wil en kom met als weg. Sluit hulle op en gooi die sleutel weg.

Maggie ·

As ek reg onthou het hulle saam met haar gesit en kuier toe hul haar met voorbedagte rade vermoor het, en haar toe in n vlak graf begrawe het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.