Die 25-jarige Kenneth Mayamoya is skuldig bevind vir die moord op sy vriendin se dogter en tot ʼn effektiewe 25 jaar tronkstraf gevonnis.
Sers. Martin Xuma, woordvoerder van die polisie, het gesê Mayamoya is op 26 Oktober verlede jaar in Kommissiepoort naby Ladybrand in hegtenis geneem. Die 26-jarige ma van die kind het die polisie genader en gesê sy het ʼn rusie met haar kêrel gehad waarna hy weg is met haar kind. Toe die polisie by die Citasberg-plaas stilhou, het Mayamoya met die kind in sy arms gestaan.
“Hy het vir die twee polisiebeamptes gesê as hulle beweeg, gaan hy die kind seermaak,” het Xuma gesê. “Die twee beamptes het uit die voertuig geklim en [Mayamoya] het die kind aan haar voete gevat en haar kop twee keer hard teen die grond geslaan. Sy is op die toneel dood.”
Mayamoya is dadelik in hegtenis geneem en was sedertdien in polisieaanhouding. Lt.genl. Simon Mpembe, Vrystaatse polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom en gesê dit is veral gepas tydens Vrouemaand wanneer misdade teen vroue en kinders in die kollig is.
Is die mense(?) van hulle sinne beroof?
Drank en dwelms maak van mense diere!!
Sluit toe vir altyd.
Ons samelewing is in die wurggreep van satan.
Ek is so moeg om te hoor van mense wat kinders mishandel. As ek daai man in die hande kon kry sou ek vreeslike goed aan hom gedoen het en seker gemaak hy lei! Blerrie aap!