Man gevonnis ná hy ma, baba in huis beroof

Argieffoto

ʼn 48-jarige man is in die Johannesburg streekhof gevonnis tot 20 jaar effektiewe tronkstraf vir roof en die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê Tokelo Kgatle is tot 15 jaar gevonnis vir huisroof, 15 jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en ʼn verdere twee jaar vir die besit van gesteelde goedere.

Volgens Mbele sal die vonnis gelyklopend uitgedien word en sal Kgatle effektief 20 jaar uitdien.

Drie verdagtes het 19 April 2017 om 09:30 ʼn 31-jarige vrou in haar huis in Booysens in Pretoria beroof.

“Die slagoffer was saam met haar kind in die huis toe ʼn verdagte sy hand oor haar mond gesit het en ʼn vuurwapen op haar gerig het. Die verdagtes het geld geëis en die huis geplunder,” het Mbele gesê.

Hulle het op die vlug geslaan toe haar man kom kyk het waar sy en hul baba is.

Hulle het met ʼn onbevestigde hoeveelheid kontant en haar selfoon gevlug.

“Die man kon daarin slaag om te hardloop en hulp te ontbied. Gemeenskapslede het die polisie in kennis gestel en hulle het vir Kgatle vasgetrek.”

Sy twee makkers kon daarin slaag om te ontsnap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jaco ·

ALO
Waar is die aanklag van poging tot moord? Nee wat oms land is kla

Henry59 ·

Iets klink verdag, net een verdagte gekry. Dalk is iemand betrap……………………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.