Man gevonnis ná hy ma verkrag, vermoor

Thabo Daniels. Foto: SAPD

Thabo Daniels. Foto: SAPD

ʼn 36-jarige man van die Noord-Kaap is in die Colesberg-landdroshof gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die moord op en verkragting van sy 66-jarige ma op Valentynsdag verlede jaar.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê die man, Thabo Daniels, was op 14 Februarie 2014 alleen saam met sy ma, Maklepere Sara Daniels, by hul huis in Kuyusa toe hy haar aangerand het.

“Hy het sy ma erg met ʼn fiets geslaan, waarna hy haar verkrag het,” het Naidu gesê. ʼn Beseerde Maklepere het die voorval die volgende oggend by haar bure gaan aanmeld. Die bure het hulp ontbied, maar sy het aan haar beserings beswyk voordat sy mediese behandeling kon kry.

Thabo het intussen van die toneel gevlug, maar is op dieselfde dag in hegtenis geneem.

Hy is van moord en verkragting aangekla en was in aanhouding tydens die verhoor. Hy is Woensdag skuldig bevind en tot 22 jaar tronkstraf gevonnis vir moord en agt jaar vir verkragting. Die vonnisse is samelopend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

tina ·

Nee, nee , nee…hierdie man mag nie 22jaar vir moord en 8jaar gevangenis straf kry nie! – en dit nogal gelyklopend!! Werklik as hy n sesde van sy straf uitdien ( soos dit gaan met die uitdien van vonnisse) is dit oor 3jaar en n paar maande – skreiende skande, hierdie regstelsel !! – is hy uit om weer dieselfde walglike dade te doen!!!!

Asjas ·

Selfs al sit hy 22 jaar sal hy 58 wees wanneer hy vrygelaat word. Nog jong en sterk genoeg om weer te roof, verkrag en te vermoor!! Ek dink nie dis reg dat hy 2 vonnise gelyk mag uitdien nie, en as die gereg dan na die moord, verkragting en aanranding as 1 insident wil kyk moet die straf swaarder wees. Lewenslank vir moord want die doodstraf gaan nie terugkom nie.

Petronella ·

En julle noem dit “n man”? Julle behoort nie eens die ding n dier te noem nie, dis n belediging vir n dier. Maar om n man so te beledig…!

Niel ·

Sjoe, kan iemand laer daal as dit? Kan hom nie eers met ‘n dier vergelyk nie, diere tree nie so op nie. Dis skreiend

Tammy ·

Ag nee man, wat vir n straf is dit? Dit kon maar net so gelos geword het. Dis geen straf vir die daad wat gepleeg is nie. Skande……. daar is geen ander woorde nie!!!

Nina ·

Ek is fisies NAAR. Wat ‘n gedrog. Mag hy kry wat hom toekom.

scalla ·

Arnold, n hond doen dit wel maar die ding is erger as n hond, want hy kyk sy ma nie in die oe terwyl hy dit doen nie, uitvaagsel, sny af wat pla.

Neptunus ·

Wat ‘n vermorsing van menslike kapitaal. Wat gebeur het kan nie ongedaan gemaak word nie. Bedink eerder hoe julle jul kan beskerm teen hierdie predatore, want daar is heelwat diesulkes in die samelewing. Daar is nie ‘n greintjie emosie in die gesig op die foto te bespeur nie.

Dis sommer snert dat hy net ‘n sesde van sy vonnis gaan uitdien, die vrou hierbo wat dit verkondig het nie ‘n benul waarvan sy praat nie. Wat wel gaan gebeur is dat hy elke dag drie gebalanseerde etes in die korrektiewe sentrum gaan kry, TV mag kyk, van klerasie voorsien sal word en lekker sokker ook kan speel. Bandiete (weliswaar ‘n verouderde term) word selfs deur die DKD na toernooie vervoer in ander provinsies om met mekaar mee te ding in sokker.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.