Man gevonnis na hy perd vir dood agterlaat

Foto: DBV

Foto: DBV

ʼn Vrystaatse man is aan dieremishandeling skuldig bevind, nadat hy ʼn perd erg geslaan het met ʼn waaierband en vir dood agtergelaat het.

Reinet Meyer, senior inspekteur by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein, het gesê die DBV het gehoor van ʼn perd wat ʼn waentjie met kinders en volwassenes vir 20 km vanaf ʼn plaas buite Dealesville moes trek.  “Met die terugkeer na die plaas, kon die perd glad nie meer nie en hy het ineengestort terwyl hy die waentjie moes trek.”

Volgens Meyer het ʼn bekommerde lid van die publiek die DBV gekontak, nadat hulle gesien het die perd het vir twee dae net op een plek bly lê. “Die perd was doodmoeg en vreeslik ontwater.  Die eienaar van die perd het met die DBV se aankoms erken hy het die perd geen water gegee nadat dit neergeslaan het nie.”

Foto: DBV

Foto: DBV

Meyer het gesê by verdere inspeksie is ʼn swaar ketting om die perd se een voorpoot gevind.  “Die perd moes die waentjie trek met hierdie ketting om sy poot. Die ketting het verskeie wonde aan die perd veroorsaak. Onder die perd se voorpote was baie oop sere wat met ons aankoms vreeslik gebloei het.  Daar was ook ʼn hele paar oop wonde wat veroorsaak is deur ʼn waaierband waarmee die eienaar die perd geslaan het toe hy nie meer wou loop nie.”

Die DBV het op die perd beslag gelê en ʼn saak van dieremishandeling is aanhangig gemaak. “Nkatlholang Jan Kaoeng (26) is Dinsdag in die landdroshof in Dealesville skuldig bevind aan dieremishandeling. Hy is tot ses maande korrektiewe diens gevonnis. Die landdros het aan Kaoeng gesê hy is skuldig aan ʼn baie ernstige oortreding. Die perd kon homself nie verdedig en wegkom uit die omstandighede nie en was weerloos. Die perd is ook kos en water ontsê.”

Die landdros het ook gesê die perd sou moontlik vrek as dit nie vir die DBV se optrede was nie. “Die landdros het die belangrikheid van die gemeenskap uitgewys om dieremishandeling aan die beamptes van die DBV te rapporteer sodat die skuldiges aan die pen kan ry.”

Kaoeng het glo ook twee vorige sake van aanranding en een van huisbraak teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Pammy ·

Lees met afgryse hierdie hartelose berig ! DBV dankie vir die wonderlike werk wat julle doen. Span daardie waaierband in en looi die rook uit die man uit. Sit n ketting om sy poot en los hom n paar dae sonder kos en water. Laat hy voel !!!!!

JC ·

Lekker man! Hy moet sommer sit vir lank!
n Nasie word gemeet aan sy liefde en sorg teenoor sy diere, en hier val SA soms ver te kort!

Martie ·

HULLE MOET FIESELFDE FOEN MET HOM OOK MET DAAR DIE TOU SLAAN EN LAAT LE TOT HY DOOD IS.

Lance ·

Goedso !…slaan hom ook met dieselfde waaierband n paar hale op sy lyf….as mense net besef hoe die mense ook die arme donkies slaan / mishandel …die rug bloei …het self gesien …wat gaan in so n persoon se kop aan wonder mens ….geen wonder iets soos n mens kan so maklik net gemoor word ….geen gevoel vir niks en niemand nie

snoefie ·

ek hoop die dbv gaan in daardie woonbuurte inen gaan kyk in watter haglike toestand die honde en katte vermeer.

Eliza-beth ·

Ai tog klink darem of ou perd oorlwewe het. Ek sal hom sommer vat man! DANKIE DBV!!

Joann ·

Ek stem. Moker hom met selfde waaierband en los hom sonder kos en water. Dankie DBV,baieeee dankie. Gee perd vir my,hy sal net TLC kry.

Scalla ·

Doen dieselfde aan hom as wat hy aan die perd gedoen het, dankie dbv vir jul ingryping

kitty ·

Ek sal so n mens vermink dat hy sy sy hande en voete nie meer sal kan gebruik nie,en dan aan kettings vasmaak sonder water en kos,wat kry n mens as hy n dier so seermaak en die dier kan homself nie verdedig nie?hy is sekerlik nog siek in diew kop ook !!!!!

Theresa B ·

Gee asseblief hierdie “iets” wat homself ‘n mens noem – vir my……!!!!

Johannes Meintjes ·

Die aanggesig en handelinge van die gemeenskap reflekteer na mening die karakter van die mense en hulle leiers. Geen ontsag meer vir lewe, – nie van mens of dier. Dominie meen die kerk bid darem vir die gemeenskap en die regering.

Karma ·

Aan almal wat hul dankie hierbo teenoor die NSPCA/NDBV uitspreek: dankie vir JULLE wat waardeer wat die SPCA/NDBV doen. Sal julle julle dank egter is iets tasbaars kan omsit, soos bv. ‘n donasie van R100.00 per maand aan jou NSPCA/NDBV-tak of die dierewelsynsorganisie in jou dorp? As jy nie geld kan gee, nie, kan jy kos, komberse, speelgoed en selfs net jou tyd skenk om met die honde stap en die katte in die “cattery” ‘n troeteljie te gee.

AAN DIE BETROKKE NDBV EN INSPEKTEUR(S) WAT HIERDIE STUK SKUIM VAS LAAT VAT HET – ‘N GROOT, GROOT, GROOT HIEP-HIEP-HIEP-HOERA!!! Ek hoop hy kry sy 6 maande gemeenskapsdiens by ‘n DBV, waar hy elke dag die honde se hokke moet skoonmaak en die stalle moet uit “muck”.

Eliza-beth ·

Karma ek stem saam, (skenkings/hulp aan diere organisasies) maar wat myself aanbetref ek doen dit reeds. Ek hoop en bid ookeitnlik ander sal dit tog ook doen.

Joanne Burgess ·

oh my dear *** is the poor horse ok? I did not read the article, not that good in Afrikaans

Karolis ·

Maroela wees so gaaf en antwoord die britse dame.
Sal self ook graag wil weet hoe vorder die DBV met die perd se toestand.
By voorbaat dankie.

RBez ·

Moes sommer met ‘n waaierband op hom los gebrand het. Sies!!!

Ouman ·

Landdros het fout gemaak.Die maaifoedie is ‘n gewoonte oortreder. Hy moes tronk toe.

anne ·

Die hartelose persoon behoort geen dier weer te he nie. Gee hom dieselfde straf. Laat hy die 20km op ‘n warm dag loop sonder water en as moeg word kom hom goed by met daai waaierband. Skurk

E.K. ·

Met oor ‘n miljoen Maroela lesers – dink as net elkeen van hulel elke maand slegs R10.00 skenk hoeveel te beter sal DBV ens hul werk kan doen. Komaan mense!

Nix ·

Ek sekondeer……. kom ouens, dit kan ‘n groot verskil maak…..

Ockie E ·

Hoe kan iemand n onskuldige dier so mishandel en dan vir mense se ek is lief vir julle. Gee hom vir my net vir een dag ,en hy sal nooit weer n dier seermaak nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.