Man gevonnis ná hy peuter verkrag

(Argieffoto: Unsplash)

Waarskuwing: Die inhoud bevat grafiese besonderhede.

Die man van die Oos-Kaap wat verlede maand skuldig bevind is aan die verkragting van ’n 15 maande oue dogtertjie is Donderdag gevonnis.

Madala Peter Tshemese (62) is tot 18 jaar tronkstraf in die hooggeregshof in Bisho gevonnis nadat hy in Oktober 2018 onskuldig gepleit het op aanklag van verkragting.

Regter Belinda Hartle het egter gesê Tshemese se pleit van onskuld is teenstrydig met die bewyse en getuienis wat aan haar voorgelê is. Sy het verder gesê sy is tevrede met die mediese getuienis wat daarop dui dat die slagoffer seksueel misbruik is.

Volgens Hartle het Tshemese geen verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie en geen berou getoon nie, berig HeraldLive.

Maroela Media het vroeër berig Tshemese se vrou het in Oktober 2015 die dogtertjie in haar man se bed aangetref. Tshemese is nie familie van die dogtertjie nie.

Die vrou het bloed op die kind se doek aangetref en die knope van die kind se klere was losgemaak. Daar was egter geen semen in die kind se doek aangetref nie.

Vuyokazi Magwaza, ’n forensiese verpleegster, het gedurende die verhoor getuig dat swelling en ’n skeur aan die kind se geslagsdeel gedurende ’n mediese ondersoek aangeteken is. Magwaza het gemeld dat die kind waarskynlik met ’n vinger gepenetreer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maryna ·

Siek, siek, siek, sulke dinge maak my naar. Ek sal liewer nie se wat ek wil se nie :'(

Onnie ·

18 jaar is niks in vergelyking met die skade wat hy daardie baba aangerig het nie. Ek kan aan baie ander gepaste strawwe dink wat hy kan kry, en 18 jaar in “Hotel Corrections” is beslis nie een van hulle nie! Dis eintlik ‘n skande.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.