Man gevonnis ná hy plaaswerker doodskiet

Stefan Hepburn. Foto: Mariné Lourens

Stefan Hepburn, die man wat in Februarie 2017 ʼn plaaswerker tydens ʼn jagtog doodgeskiet het, is Dinsdag in die streekhof in Modimolle (Nylstroom) gevonnis.

Streeklanddros Peter Manthata het Hepburn tot ses jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld beken het op ʼn aanklag van strafbare manslag. Hepburn is aanvanklik van die moord op Jan Railo (23) aangekla, maar die aanklag is later na strafbare manslag verander.

Hepburn se regspan het verlede jaar vertoë aan die direkteur van openbare vervolging (DOV) se kantoor gerig waarna die DOV die staatsaanklaer opdrag gegee het om ingevolge dié vertoë te bepaal of die familie van die oorledene gewillig is om die saak deur middel van bemiddeling te laat hanteer.

Die hof het egter later gehoor dat die poging tot bemiddeling met die familie van die oorledene misluk het waarna ʼn verhoordatum vasgestel is.

Hepburn se borgtog is na die vonnisoplegging teruggetrek en hy is in hegtenis geneem. Sy regspan sal in Februarie weer ʼn aansoek om borgtog bring hangende hul aansoek om verlof tot appèl.

Maroela Media het vroeër berig Hepburn en sy vrou het op 11 Februarie 2017 op ʼn plaas buite Modimolle bosvarke gaan jag. Hepburn het in sy verklaring wat aan die hof voorgelê is, gesê hulle het ná sononder in die mielieland gesit en vir die bosvarke gewag.

Volgens Hepburn het hy ʼn donker voorwerp soortgelyk aan ʼn groot bosvark in die land gesien wat in sy rigting gekyk het. Hy beweer hy het ook die kenmerkende geluid gehoor van ʼn bosvark wat mieliestronke van die plant afstroop.

Hepburn het gesê hy het na die voorwerp gemik en geskiet. Toe die voorwerp ʼn vreemde geluid maak, het hy besef hy het moontlik iemand raakgeskiet. Die oorledene is later as Railo, ʼn werker op een van die buurplase, geïdentifiseer.

Lees alle vorige berigte oor Stefan Hepburn op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Hanna Hoekom ·

Die “bemiddeling” met die familie het seker vasgeval die oomblik toe hulle hoor dat die boer nie genoeg geld kan aanbied nie… Nou wonder ek ook sommer WAT het die buurplaas se werker op die plaas gesoek, veral daardie tyd van die nag? Dalk oorgekom vir tee en koekies? Hierdie boer het heelwaarskynlik n toekomstige plaasaanval gefnuik. En nou moet hy 6 jaar agter tralies deurbring. Wat n bleddie onreg!

JM ·

Ek het presies dieselfde ding gewonder, wat maak ‘n buurplaas se werker daar in die aand, veral in die mielieland.

Potlood ·

en dit omdat hy eerlik was. wat is daai se ding op die verkeerde plek op die verkeerde tyd… Hoe is dit nou van pas op die Boer?? Verstaan net nie hoe die mense se koppe werk nie…

fish ·

ander koerante se hy het 6 jaar gekry omdat hy nie genoeg gesag getoon het nie. Nou vra ek hoe wys jy gesag in die hof as jou prokereur al die praatwerk doen en jy moet stilbly?
Ek voel daai redes in die hof is nie van pas nie en net ‘n vlou verskoning. Moet jy heeltyd huil in die beskuldigings bank of moet jy uitbarstings he waar jy heeltyd skree hoe jammer jy is of wat? asb help met die een

Jacques ·

Dit is belaglik . Hoe wys jy berou en hoe kan n regter oor die algemeen sien dat jy nie berou toon nie , want elke mens is anders . Party mense huil glad nie eers met die dood van n geliefde nie , nou wat nou ? #dubbelstandaarde .

JJS ·

Kyk, ek dink ou Oscar het die ding van huil bietjie te ver gevat, maar as jy jouself ooit in hierdie situasie bevind, pik tog maar ‘n paar trane waar jy getuig oor die aanle en sneller trek…

Peet J ·

Hoe gouer hoe beter dat ons witmense ons eie grondgebied bekom, natuurlik die wat daarin belang stel, regverdigheid in die NSA is iets van die verlede. nie eers ‘n opgeskorte vonnis nie? die familie is nou in beheer van die aangeleentheid.

jaco ·

in die 1980’s het sekere klein regse wit organisasies al gevra vir eie grondgebied. al die groot rolspelers in die politiek, selfs die net so regse konserwatiewe party, het gesê “dit kan nie werk nie”. en waar sit ons vandag? eie grondgebied is nou te laat.
Maar met genoeg wat in die 1980’s net wou die ding n kans gee, was dinge dalk veel anders vandag…

ZAR ·

Jaco, jy moet onthou, as is gebrande hout. Indien jy aanhou om te sê as hulle maar net, dan word niks gedoen nie. Ons moet nou begin. Boikot die belasting.

JJS ·

@ZAR, ek hoor ook van die boikot belasting gedeelte… julle het saam daardie tannie seker nog nooit van IT88 gehoor nie? SARS gee vir jou werkgewer of bank of wie ook al opdrag om geld van jou te weerhou… dit kan ook die ou wees wat jou mielies by jou koop. Enige derde party. So kom ons sien maar hoe ver vlieg daardie kite

Wessel ·

As ek die regter reg verstaan, het Hepburn nie “genoegsame” berou getoon nie, en dis waarom hy hom in sy vonnis tronkstraf opgelê het.

Gert ·

Hoe siek is dit? Jy gaan skiet in die donker bosvarke om jy mielies te probeer red, dan eindig jy met 6 jaar tronkstraf. Vir my is hierdie storie dieselfde as wanneer jou band bars en jy tref ‘n voetganger, jy het dit mos nie beplan nie en kon ook nie voorsien dat hierdie sou gebeur het nie.

Matthys ·

En dit is hoekom hy dadelik in ‘n vlak graf ingespit moes gewees het. Dooie man kan nie praat nie en as daar nie ‘n lyk is nie kan hulle niemand aankla nie …

Abe ·

Matthys,
Is dit jou siening van geregtigheid ? Dit se baie van jou karakter.

Anoniem ·

Ek het ‘n hele ruk lank saam met hom gewerk. Hy is die mees regverdigste, omgee, liefdevolle en so baie meer mens wat ek ken. Sy mense (swart en wit) wat vir hom gewerk het, het so baie respek vir hom gehad juis oordat hy so vir elkeen omgegee het. Ek is seker hy het baie berou, maar dit was regtig net ‘n ongeluk. Dit is mos nie sy skuld die ou was daar waar hy nie hoort nie!! Nou moet hy boet vir vir iets wat regtig nie sy skuld was nie :( :( :( :(
Al wat oorbly vir ons is om vir hom te bid!

bollie ·

Hy het nie die opset gehad om die ou te skiet nie maar was wel nalatig en dus het hy steeds skuld en is skuldig aan strafbare manslag. Skuld = opset of nalatigheid. As hy dit met opset gedoen het, was dit moord.

Karlien ·

Die “ou” is steeds dood en sou nie gewees het as hy nie geskiet is nie, hetsy moedswillig of per ongeluk.
Verstaan kommentators hier dat ‘n onskuldige persoon dood is en nou eintlik hier as skuldig aan “iets” uitgebeeld word? Sjoe.

RN ·

Hierdie is niks anders as ‘n rasgedrewe uitspraak nie. Die regter word seker deur ‘n sekere politieke party voorgeskryf.

bollie ·

Ek is bly bemiddeling het nie hier gewerk nie, die misdaad is hopeloos te ernstig. Hierdie perd is baie gelukkig om net 6 jaar te kry.

B ·

Korrek Bollie, dis al van moord na manslag verander, wat genade betoon aan die beskuldigde.

Dit is baie sleg vir ons ander wettige vuurwapen eienaars :(

B ·

Mense, kom ons neem een stap terug, wat se die wet oor wanneer mag mens skiet? Eers as ‘teiken’ 100% bo alle twyfel geidentifiseer is?

Kom ons hou op om alewig te kla en kerm en kyk bietjie objektief na ‘n saak. (Hoe sal jy bv voel as iem op ‘per ongeluk’ op jou of jou familie skiet, sonder om seker te maak?)

bollie ·

Presies. Van wanneer af kan jy net skiet sonder om eers die teiken te sien? Dit kan baie maklik moord wees (vra maar vir Oscar). Ek sou sê baie baie naby aan moord, minstens growwe nalatigheid.

DeVill ·

Die kans is nul dat my familie in die donker en tussen die bosse in die bure se erf gaan rond kruip.

As dit wel die geval was en een van hulle word geskiet, wel, wat die dinges het hy/sy daar gedoen in die eerste plek??

Hb ·

Ja roep eers di vark en hoor of of hy alleen is. Hu slim. Ek jag al jare lank bosvarke op daai manier. Daars geen manier dat dit sy skuld was ni. Julle is soo slim

Peet J ·

Die persoon het nie op’n mens geskiet nie maar op ‘n wilde dier wat sy lande verniel het.

emily ·

Ai tog, Hoe kan jy nou vir ons wil se ons moet na die wet ens. kyk.
Indien jy my nie laat weet jy kom kuier watter midernagtlike ure vir my nie, en ek wag vir n bosvark in my eie mielieland, Dan gaan jy beslis 2 de kom.

Zia ·

Hy is baie gelukkig dat hy net 6 jaar gekry het vir die ongeluk wat ongevraagd oor sy pad gekom het. Iemand anders het in amper soortgelyke geval ook per ongeluk ander gedood en het 15 jaar gekry. Volgens die magistraat het hy ‘n voorbeeld van hom gemaak, daaroor die 15 jaar.

Onnodig ·

@ B – Dalk moet jou familie nie in die buurman se mielieland gaan rondkrap nie, dan sal iemand hulle nie per ongeluk skiet nie? Dit was mos nie meer helder daglig nie en as jy gaan bosvarke skiet, gaan jy mos nou nie tot voor die ding loop om hom te identifiseer nie?

Abe ·

Onnodig,
Volgens die wet moet jy net dit doen. Jy moet die teiken identifiseer voordat jy skiet, anders sal jy aanspreeklik gehou word vir die dood van iemand wat jy miskien kan raakskiet.

Cherokee ·

Abe, myns insiens is die wet van minder belang by hierdie redenasie. Dit is verdomp logika om te weet waarna jy skiet eer jy die sneller trek. Dit is makliker om die wet te belieg as jou gewete.

Barries ·

Jy hoef ook maar net die kommentaar hier te lees om te sien hoekom ons die probleme het waarmee ons sit.

Giel ·

Die bosvarke in die mielielande? Hulle is mos nagdiere, maar die ouens sou éérs moelikheid gehad het as hulle ‘n vlakvark die skuld gegee het.

Jagter ·

Ja, bosvarke kan nogal n pestilensie wees. En dan is daar boonop hopeloos te veel bosvarke. Hulle kan gerus meer geskiet word.

Johan H. ·

Daar het n taxi bestuurder, SWART twee jong wit meisies dood gery,, Kom ons kyk wat se straf hy kry!!!!!!!!

Denise ·

So nou moet jy elke keer as jy wil varke of voels wat pla in gesaaide lande eers skree enige iemand in die land wat nie daar moet wees nie en dit nou op jou grond ????? Ek gan loop nie op my buurman se plaas nie .

Gert ·

Presies, as jy eers roep om te vra wie dit is, en dit was ‘n bosvark, dan hol hy weg en jy’t jou tyd gemors om heelnag daar te sit. Ek dink die redelike aanname is dat daar nie in die nag mense sal rondsluip in jou eie landerye nie. In die eerste plek is die een wat verkeerd opgetree het, die een wat betreding en diefstal gepleeg het.

bollie ·

As jy wil Rambo wees en skiet moet jy jou teiken identifiseer. En identifiseer beteken SIEN nie net reageer op enige geluide nie. En selfs as jy jou teiken geidentifiseer het, mag jy nie sommer net skiet nie. Jou lewe moet in gevaar wees.

Abe ·

Denise en Gert,
Dit is natuurlik nie raadsaam om in die nag in iemand se lande rond te wees nie, maar die wet se as n boer jou so in sy lande kry en hy skiet jou dood, hetsy met opset of terwl hy jou vir n bosvark of donker voorwerp aangesien het, sal hy verantwoordelik gehou word vir jou dood.

PJC ·

Nog ń snaakse bevinding en uitspraak. Daar kom al hoe meer sulke gevalle voor. Mense beter vinnig wakker word.

Dell ·

Ek onthou die storie goed. daar was mos ‘n streepsak mielies langs die lyk. Die het mos iewers verlore geraak tydens die polisie ondersoek, want hy het mos net bietjie daar in die mielielande onskuldig gele en rus.

B ·

Raak baie bekommerd as baie van bg kommentaar van vuurwapen eienaars afkomstig is.

Cherokee ·

Het om 12uur vandag epos van die polisie af gekry wat lui dat my aansoek vir hernuwing van my rewolwer-lisensie geslaagd is en dat hulle my sal laat weet wanneer ek dit moet haal. My pistool-lisensie hernu ek volgende jaar.

Bamsie ·

Dit is hartseer, maar die storie het n slegte klankie. Saam gelees met Hanna hoekom en Dell se komentaar. Hier gaan dit om vergelding teenoor n wit man.

B ·

Bamsie, wat dink jy is ‘n gepaste straf vir die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen waar ‘n persoon gedood is?

Adam ·

Talle van die kommentare is totale onsin. Enige regsgeleerde sal die vonnnis as heel aanvaarbaar en selfs aan die ligte kant sien. Dit is tragies om te sien hoe rasse-vooroordeel ( dit geld vir beide kante) mense se goeie oordeel belemmer.

Nico ·

Jy is 100% reg. Die boer was ten beste nalatig, ten ergste skuldig aan moord. Jy kan nie net sommer skiet nie, al is dit op jou eie plaas en in jou eie landery. Enigiemand wat ‘n vuurwapen gebruik moet dit met groot verantwoordelikheid gebruik. Enigiemand wat jag en wat diere ken sal weet wat is die verskil tussen ‘n bosvark en ‘n mens, jy skiet nie sommer net nie ! Mense kom hier kommentaar lewer wat niks van die gereg weet nie en met ‘n klomp rassistiese bagasie.

Dawid ·

B die nalatige afvuur van ‘n vuurwapen moet ‘n mens so 6 jaar in die tronk laat beland. Wanneer ‘n dief in jou mielies weggekruip het is so gewond is moet die staat n ondersoek loods oor hoe hulle onwettige betreding op plase kan beveg. Die verlede van die betreder moet deeglik ondersoek word om te sien of hy nie by ander misdade op plase betrokke was nie.

Dawid ·

Neem tog kennis, ek meer die man was hoegenaamd nie nalatig nie. As jy iets sou weet van bosvark jag sou jy weet dat jy skiet wanneer die lig sleg is. Jy moet wakker wees en vinnig skiet. Iemand wat nie raakgesien wil word nie en wat in die land wegkruip sal noodwendig geskiet word.

Hof vs familie ·

Hoe kan die hof uitsprake maak ten opsigte van “hoe die familie voel”?
Sommige mense vergewe en vergeet, hulle verstaan dat mense foute maak….
Sommige mense haat vir altyd, omdst hulle hard en haaters is….
Die hof is tog veronderdtel om nie deur familie en emosies gelei te word nie.

bollie ·

Jy verwar die uitspraak en vonnis gedeeltes van die uitspraak. Emosies mag nie ‘n rol speel by die uitspraak fase nie m.a.w. wanner die regter besluit of die beskuldigde skuldig is of nie. By vonnisoplegging egter kan die hof die graad van benadeling vir die slagoffer se familie en gemeenskap in ag neem. Laasgenoemde kan getuig ter strafverswaring. Netso kan daar ook getuienis gelewer word ter strafversagting soos dat dit die oortreder se eerste oortreding is, goeie dinge wat hy vooerheen vir die gemeenskap gedoen het, ens.

Dawid ·

Neem tog kennis, ek meer die man was hoegenaamd nie nalatig nie. As jy iets sou weet van bosvark jag sou jy weet dat jy skiet wanneer die lig sleg is. Jy moet wakker wees en vinnig skiet. Iemand wat nie raakgesien wil word nie en wat in die land wegkruip sal noodwendig geskiet word.

bollie ·

Jy sal noodwendig in die tronk beland as jy dink dis nie nalatig om iemand op daai wyse dood te skiet nie.

Riaan ·

Het hy verdwaal soos al die ander diewe en moordenaars wat boere aanval..

Philip ·

Die regter maak nie voorsiening vir versagtende omstandighede nie, ons praat nie hier van gewoonte misdadigers nie dis familie mense!!! Die straf moet pas by die persoon wat gevonnis word hoekom almal sulke swaar strawwe kry is polities, meeste verkragters en rowers kry veel ligter straf . Korrektiewe toesig sou meer gepas wees opgeskorte vonnis of so iets maak van ons almal misdadigers belaglik….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.