Man gevonnis ná hy saam minderjarige verdwyn

Riaan Venables

Riaan Venables

Riaan Venables (54) is Vrydag in die Cradock-streekhof gevonnis in verband met die verkragting van ʼn meisie (toe 13 jaar oud). Dié saak het die land in 2014 aan die praat gehad.

Hy is tot effektief 20 jaar tronkstraf gevonnis. Venables is op 28 Oktober 2014 in Bloemfontein in hegtenis geneem, nadat die meisie by hom gevind is. Die meisie het saam met Venables op ʼn Intercape-bus na Bloemfontein gereis, waar hulle by ʼn gastehuis ingeboek het. Hy het voorgegee hy is haar pa.

Venables is in Desember skuldig bevind op aanklag van verkragting en twee ander aanklagte omdat hy met ʼn minderjarige seks gehad het. Die landdros het reeds ʼn aansoek om teen die skuldigbevinding en vonnis te appelleer, toegestaan.

Die saak het opslae gemaak nadat foto’s van die meisie op sosiale media versprei is en beweer is Venables het haar verkrag en ontvoer. Hy is egter onskuldig bevind op ʼn aanklag van ontvoering.

Venables het in September 2014 reeds in die hof verskyn op aanklagte wat met die meisie verband hou. Hy moes weer later in die hof verskyn, maar het nie opgedaag nie, waarna ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is. Die meisie het in dieselfde tyd verdwyn en die polisie het onmiddellik na Venables begin soek.

Die meisie het in ʼn stadium by Venables se ma tuisgegaan en toe glo op hom verlief geraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Cherokee ·

Ek ken hulle nie, nie vir Venables of die jong girltjie nie, maar ek ken die veld. Moet nie oningeligte kommentare loods nie. Die menslike psige is vreemd. Dink voor jy praat.

Columbiana ·

Wat beteken jy ken die veld?
Watter veld? Waarvan praat jy?

Cherokee ·

Ek ken mense. Ek is in ‘n beroep waar ek met mense deel, weet hoe mense dink en weet hoe impulsief mense somtyds optree.

Hy is onskuldig!!!!Die ma was verlief op hom en het haar kind verniel en hy het sy hart vir die kind oopgemaak. Die ma wou wraak neem op hom. Daar is baie meer agter die storie, maar gereg sal seevier. ·

Dink voor almal praat! Hierdie man is skuldig bevind op hoor se getuienis! Daar was geen DNA toetse of enige bewyse dat die dogter verkrag was nie en verder het alles weggeraak. Hierdie dogter se ma was verlief op die man en hy het sy hart oopgemaak om die kind uit moeilike omstandighede te help en n beter lewe te probeer gee. Daar is so baie agter die storie! Mense moet nie so maklik iemand veroordeel nie. Gereg sal hopenlik seevier aan die einde van die dag. 20jaar tronkstraf dus belaglik!!!!

Columbiana ·

Onskuldig? Rerig.
So jy se hy het nooit seks met die meisie gehad nie? Hy het nooit weggehardloop vir sy dag in die hof nie?
Hy het nooit voorgegee hy is haar pa nie?
Nooit vir maande lank weggekruip vir die polisie. Jip dit klink soos die dade van ‘n onskuldige man. Nee regtig jy kan seker nie so naief wees nie of is jy eintlik die krimineel se familie en vandaar joun oortuigings

KarooKlong ·

Verliefdegeite – 13 jaar oud? Ek gaan tronk toe………. want ek het haar ‘n murse pakslae gegee.
Mnr. Venables, gaan op jou kniee en se baie baie dankie jy is waar jy is vanaand.

Derm ·

Hy is derm gemors! N dogtertjie jou vark jy moet sit. Hy kan appeleer nadat hy verkrag en hof minag en vir dt ht hy niks oorgekom, hy het nie opgedaag, toe arresteer hul hom. Dit is n vermorsing van staatsgeld nes Zuma se huis.

Danielle Meiring ·

Hy het die dogter gehelp deur by ‘n gastehuis in te boek met haar waar hulle alleen was? As hy en sy erken het dat hulle gemeenskap gehad het is dit verkragting want sy is minderjarig. Sies vir hom en sies vir die ma van die kind. As jy jou dogter nie eers teen sulke perverte kan beskerm nie en sulke gemors in haar lewe bring wat haar misbruik, is jy nie die naam “ma” werd nie. Geregtigheid hét geseëvier. Hy het ‘n broek vol planne gehad en nou het dit hom ingehaal.

Gideon ·

Ek dink dit is belaglik, om 20 jaar tronkstraf te kry vir dit!!

Columbiana ·

Wat belaglik is is dat julle dink dis belaglik dat hy 20 jaar gekry het. Alle verkragters hoort agter slot en grendel vir so lank as moontlik. Dan is die gemors nie net ‘n verkragter nie hy is ook ‘n pedofiel wat lol met 13 jarige dogtertjies. Sies vir julle

Lapland ·

Ja Gys en Gideon, julle ken nie die besonderhede van die hofsaak nie.

brenda ·

So die vark ontferm hom oor die kind; en misbruik haar! hy en die soogenaamde verliefde ma hoort agter tralies elkeen vir 20jaar! verwyder siek mense uit die samelewing; arme kind!! soos om van wolf skaapwagter te maak! ek haat hierdie vieslike stories; waar n rokie is is n vuurtjie. Ontferming….pffff; uitbuiting van kinders ja!

vra ma net ·

Hy kry 20 jaar en Oscar net 6. Waar is die regstelsel nou

Vra Ook Net ·

Vra saam met jou Vra Maar Net. So ons kan moord pleeg ons moet net nie met minderjariges seks hê nie met waarskynlike toestemming van die “meisie” nie… Ai…

Columbiana ·

‘n Minderjarige kan nie toestem tot seks met volwassene nie net soos wat minder jarige nie ‘n kar kan koop. , stem, ens.
It’s the law of the land. So maak nie saak wat julle se nie die gespuis het die wet oortree.

marianna ·

Ek word meer siek vir die mense kommentaar as vir die berig self. Dit elke oggenddat mens sit en oordeel sonder dat hulle die mens ken. Siek, kry julle lekker?

Columbiana ·

Ag daai ou storietjie oor die oordeel is nou al so afgesaag dis om van naar te word. Met elke liewe misdaad storie skryf julle hierdie snert van wie is julle om te oordeel.
Nee ons oordeel nie die hof het dit sommer al klaar gedoen. Hy is gearesteer, aangekla, verhoor en skuldig bevind deur die hof. So oordeel is reeds gevel. Enige verkragter molesteerder wat tronk toe gaan is altyd ‘n lekkerte so ja ons verlustig onsself daarin dat ‘n volwasse man wat seks met ‘n kind gehad het in die tronk is want dit is waar hy hoort. Daar is geen verskoning vir hom om met haar seks te he nie sy was en is ‘n kind. Enige mens wat die dade probeer goedpraat is siek. GEEN REDE OOIT VIR VOLWASSENE OM SEKSUELE TE WEES MET ‘N KIND

M. ·

Sy het uit haar eie wil saam met hom weg gegaan,sy het uit haar eie wil met hom seks gehat,sy is nie “verkrag” nie,dis wat sy wou gehat het,daar erken julle dit,sy het op hom verlief geraak,sy het hom aanleiding gegee,nou is hy al een wat die vark in die verhaal is,sy was nie “so klein” om nie te besef waarmee hulle besig is nie,sy is nie die onskuldige slagoffer nie,die man moes ook geweet het hy speel met vuur om n “*!!# 13 jarige verliefde dogtertjie haar sin te gee,Nee genade hulle is albei ewe skuldig…………!!!!!!!!!

Columbiana ·

Jy is ‘n uiters siek individual as jy dink ‘n 13 jarige kind kan eerstens toestem tot seks met ‘n volwassene en tweedens dat sy gekry het waarna sy GESOEK het. DIT WAT HY GEDOEN HET IS ONWETTIG!!!!! SEX WITH A MINOR. SEKS MET ‘N KIND ‘N JONG DOGTERTJIE.
BEVORDER EN ONDERSTEUN JY PEDOFIELE EN KINDER VERKRAGTING.
JOU ARGUMENT DAT SY DAARVOOR GESOEK HET IS ONNOSEL VERBY.

Aussie ·

Die kind het vertel hoe sy deur haar ma se broer gereeld misbruik was vir seks. Die aangeklagte man het net in n gat ingeval met swak klas mense wat agter hom aangehardloop het. Hy is n ordentlike goed en verfynde opgevoede man wst in n slinkse “trap” vasgevang was. Die kind het gese sy pleeg selfmoord as hy haar terug neem na haar ouer huis. Hy het haar weggevat om haar hospitaal toe te neem vir haar oor probleme. En soveel meer wat vertel kan word. Die ma kom hom nie kry nie en al die valse stories opgemaak. Mense kyk eers na julle eie geraamtes in julle kaste. Die media ruk altyd alles uit verband uit en die gereg is so onbehulpsaam en onregverdig.

Peet J ·

Alle mense uit elf verskillende rasse in die nuwe SA kan nie as kultuurmense geklassifiseer word nie dus om een regstelsel op almal van toepassing te maak met betrekking tot seksuele verhoudings, van beide kante, kan indruis teen ‘n persoon /persone se (natuurregte) bestaansregte.

snoefie ·

Natuurwette? bestaanswette? se mur. n kind is n kind. maar 20jaar is belaglike. as die kind deur haar Oom ook misbruik en verkragting was, hoekom staan die Oom nie ook tereg vir molestering en verkragting nie? hoekom staan die ma nie ook tereg vir kinderverwaarlosing nie?

Tc ·

So die man is aangekla en gevonnis vir statutêre verkragting omdat meisie onder 16 jaar oud is?
Wat my vreeslik pla is ,is dat die wet toelaat dat n meisie van 12 jaar oud af kondome mag koop en toestemming mag gee vir n aborsie!!!Nou waar pas die
statutêre verkragting nou in die hele storie in?
Enige regskenner hier wat dit aan my kan verduidelik asb?

alrea ·

kar koop en bene oopmaak is twee verskillende dinge. Ek beaam wat snoefie en tc se.

Peet J ·

Weer eens is dit ‘n bewys van die onbevoegde optrede van sekere vroulike geslagte teenoor hulle kinders, veral jonger meisies, bv. dat verkragtings toegelaat word en dat ma’s hulle skuldig maak self aan moord op hul kinders. Mense wat sulke veragterlike optredes goedkeur kan beslis nie as kultuurmense geklassifiseer word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.