Man gevonnis ná hy seun ontvoer, aanhou

Argieffoto

ʼn 22-jarige man van Noordwes is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir die ontvoering van ʼn 10-jarige seun.

Letlamoreng Kaudi is in die Itsoseng-streekhof buite Lichtenburg gevonnis nadat hy aan ontvoering en aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is, het kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die vonnis spruit uit ʼn voorval in Augustus 2015 toe die seun nie ná skool teruggekeer het huis toe nie. Hy is as vermis aangemeld en tydens die polisie se ondersoek het dit aan die lig gekom dat Kaudi met die seun se familie kontak gemaak en ʼn losprys vir sy vrylating geëis het.

Die polisie het alle leidrade opgevolg en Kaudi is in hegtenis geneem. Hy het die polisie na ʼn verlate dreineringstelsel gelei waar die seun in ʼn mangat gevind is. Die seun is na ʼn hospitaal geneem waar dit bevestig is dat hy ongedeerd is voor hy met sy familie herenig is.

Verdere ondersoek deur die polisie het vasgestel dat die seun op twee verskillende plekke aangehou is – in albei gevalle in ʼn mangat.

Lt.genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, het die vonnis verwelkom. Sy het gesê die polisie sal voortgaan om prioriteit te verleen aan sake waarby vroue, kinders en ander kwesbare groepe betrokke is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Karolis ·

Paragraaf 2: …..aanranding met die doel om ernstig te beseer skuldig bevind is…
Paragraaf 4: …..Die seun is na ‘n hospitaal geneem waar dit bevestig is dat hy ongedeerd is…
Help my reg.

Michelle ·

Die man se intensies was duiwels sluit hom toe sodat hy nie weer uitkom nie. Geen losprys is enige kind se lewe werd nie hy is nie besig met video speletjies nie dit is ‘n mense lewe dit is traumaties vir kind en ouer bêre hom weg vir goed.

Sarel ·

7 jaar. Dit is how ernstig SA se regstelsel misdaad reen vrouens & kinders beoordeel. Maar nou ja die betrokke mense speel eerder Politiek

Koester jou perlemoentjies ·

Solank hy net nie perlemoentjies ontvoer het nie, want dan was dit 20 jaar agter tralies vir hom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.