ʼn 20-jarige man is vandeesweek in die Oos-Londen-streekhof in die Oos-Kaap tot tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn 10-jarige seun in Scenerypark verkrag het.
Wandisili Kapi is Dinsdag in die hof skuldig bevind en tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.
Kapi het in Oktober vanjaar die seun met lekkers na hom toe gelok voordat hy hom naby ʼn kuierplek in Scenerypark verkrag het. Die saak is by die Scenerypark-polisiestasie aangemeld en hy is kort daarna in hegtenis geneem.
Lt.kol. Patricia Maqhubela, bevelvoerder van die Mdantsane-polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het die skuldigbevinding en vonnis verwelkom.
Dit is skokkend om te dink dat die misdadiger slegs 12 jaar tronkstraf kry!! Die arme kind gaan vir jare of selfs lewenslank nog nagmerries hê.
Sterkte aan arme kind wat lank sal ly en sy lewe is klaar verwoes! Sterkte! Laat Die Here op hom daal en sy pyn wegvat – genees hom in Jesus Naam Amen!
Sterkte aan arme kind wat lank sal ly en sy lewe is klaar verwoes! Sterkte! Laat Die Here sy pyn wegvat en genees hom in Jesus Naam Amen!
Die vieslike vent moet nie hiermee wegkom nie. Dis so jammer dat niemand betyds kon help nie.