Man gevonnis ná hy seuntjie (3) verkrag

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man van Welkom in die Vrystaat is vandeesweek in die plaaslike landdroshof gevonnis vir die verkragting van ʼn driejarige seun.

Phaladi Shuping, provinsiale woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Petros Tabile (47) is in November verlede jaar in hegtenis geneem kort nadat die verkragting plaasgevind het.

“Die seun het gereeld by sy ouma gekuier en Tabile, die buurman, het dikwels saam met hom en ander kinders na die winkel gestap waar hy vir hulle lekkers gekoop het. Op 11 November het Tabile weer omstreeks 17:00 saam met die kinders gestap, maar eers 20:00 die aand met die seun teruggekeer,” het Shuping gesê.

“Tabile het die seun gedra toe hulle by die ouma se huis aangekom het en hy het gehuil. Die ouma het onraad gemerk en sy het die kleuter gevra wat fout is. Die seun het haar in Tabile se teenwoordigheid vertel wat Tabile aan hom gedoen het en die beskuldigde het nie reageer nie.”

Die ouma het die saak by die polisie aangemeld en Tabile is in hegtenis geneem. Tabile het aan die polisie erken dat hy die seun verkrag het en het ook in die hof skuld erken op die aanklag teen hom, het Shuping gesê.

Die feit dat Tabile ʼn eerste oortreder is en skuld erken het, is deur die landdros as buitengewone omstandighede beskou om van die voorgeskrewe minimum vonnis af te wyk.  Hy is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Theresa ·

Self erken. Om dit aan ‘n kind (of enige iemand anders) te doen, verdien baie meer as 18 jaar tronkstraf. Plus die deel wat hom so pla, moes sonder versuim verwyder geword het. Dan, as hy so gou weer op parool vrygelaat word soos die neiging maar is, kan hy darem nie net so maklik die daad herhaal nie. Vuilgoed.

Duitswes ·

Theresa; jy is so reg! As iets pla raak van dit ontslae, maar dit waarna jy verwys sit nie aan die lyf; dit is ongelukkig binne die lyf…meer akuraat, die brein van ‘n siek person. Doodstraf elimineer die oorsaak in geheel en al en behandel nie net die simptome nie. Tronk is veiliger as die presidensie; maksimum skuriteit, gebalanseerde spys en drank perdag, vrye ligaamsoefeninge, universiteits geleerdheid voordele, vrye losies, ens …alles onder een dak en dit kos jou nie ‘n sent nie….

Corné ·

Gillian Schutte ek hoop jou gewete kla jou aan omdat jy misken wat elke dag besig is om te gebeur en deur jou vervolging v ‘n onskuldige persoon hierdie siek aksies te ontken. Skande. Sulke gespuis moet doodstraf kry en vooraf sonder verdowing gekastreer word. Volg Indonesië se voorbeeld.

DMC de Koker ·

Buitengewone omstandighede… Die landdros het fouteer as hy/sy dit as buitengewone omstandighede inag neem. En kom ons wees eerlik, die oortreder verdien ‘n doodsvonnis.

Sê maar net ·

Hy sal nie doodstraf kry nie, die regering sal dit nie terugbring nie. Lekker lewe in die tronk, kan eet, bad, slaap in ‘n stewige gebou. Kan leer en homself kwalifiseer in ‘n rigting, dis hoe dit is in Suid Afrika. Niemand dink aan die arme kind wat nooit weer dieselfde sal wees nie. Niemand dink aan wat hy deurmaak en deurgaan nie. As mense so begin dink, die doodstraf vir plaasmoorde, kindermishandeling en alle verkragtings terugbring, sal ons pragtige land baie veiliger wees.

Anel ·

Dis siek. En vir kabeldiefstal kry jy 30 jaar. Ons regstelsel is siek!

Elize ·

Ek stem saam Anel.ons regstelsel is siek.sieker as die verkragter self.

Leon Pit ·

Sny af wat pla hul doen dit in ander lande kan hier ook werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.