Man gevonnis ná hy suur oor vrou uitgooi

Jan Pieterse. Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse. Foto: Werner Beukes/SAPA

Jan Pieterse (45), die man wat suur oor die ma van sy kind uitgegooi het, is Maandag in die Johannesburg-landdroshof gevonnis.

Pieterse is ʼn vonnis van tien jaar tronkstraf opgelê nadat hy in November verlede jaar suur oor sy eksmeisie, Ines Antonio, uitgegooi het. Antonio was 22 jaar oud ten tyde van die aanval. Pieterse is in Oktober skuldig bevind aan aanranding met die doel om ernstig te beseer.

Landdros Albertus Roux het in sy uitspraak die aanval veroordeel en gesê dit is die howe se verantwoordelikheid om diegene wat hulle tot geweld in verhoudings wend twee keer te laat dink.

Die verdediging het vroeër aangevoer dat Pieterse berou vir sy dade het. Roux het die stelling verwerp en gesê dat Pieterse ná die aanval voortgegaan het om afbrekende SMS-boodskappe aan Antonio te stuur terwyl sy besig was om in die hospitaal aan te sterk. “Dit is maklik vir die beskuldigde om vandag voor die hof te sê dat hy berou het, maar ek is nie oortuig nie,” het Roux gesê.

Antonio het in trane uitgebars toe sy Pieterse se vonnis aangehoor het. “Ek voel jammer vir hom, maar hy het sy eie pad gekies,” het sy gesê. “Ek voel geregtigheid het geskied en dit is geregtigheid wat ons as vroue moet help. My dogter sal bly wees dat sy hom vir ʼn baie lang tyd nie hoef te sien nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

nig ·

Was die dansende ANCVL by hierdie hofsaak om hierdie vrou te ondersteun?

sannie ·

Nee nig die ANCVL was nie daar nie soos in baie ander moordgevalle ook, want die persoon wat skuldig is is onbekend.

Se Maar Net ·

Idioot, hulle moet hom vir ewig tronk toe gestuur het. Dankie dat die wreedaards uit die samelewing verwyder word wat vrouens so verniel.

Amanda Van Vuuren ·

Absoluut belaglik! hoelank gaan dit vat voor hierdie vrou se letsels gaan genees?? As dit ooit
gaan?? Ondertussen kom hierdie stuk drek uit op ‘ goeie’ gedrag?? Geen parool vir barbare nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.