Man gevonnis ná hy tiener onthoof

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Aljar Swartz. Foto: Catherine Rice/ANA

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal na verwagting Donderdag Aljar Swartz (20), wat ʼn tiener van Ravensmead in Kaapstad in Oktober 2013 onthoof het, vonnis.

Regter Elize Steyn het Swartz verlede maand skuldig bevind aan moord met voorbedagte rade, asook drie aanklagte van aanhitsing tot moord.

Swartz het vroeër vanjaar erken dat hy Lee Adams (15) op 17 Oktober 2013 verwurg het. Hy het hom daarna verskeie kere met ʼn mes gesteek voordat hy hom onthoof het.

ʼn Veiligheidswag het Adams se liggaam by ʼn verlate skoolgebou gevind. Sy kop is later gevind waar dit in Swartz se tuin begrawe is.

Carine Theunissen, die staatsaanklaer, het tydens die eindbetoog in die verhoor aan die hof gesê dat Adams na die verlate skool gelok is onder die voorwendsel dat die twee saam sou dagga rook. Swartz het glo beplan om Adams se kop aan ʼn sangoma te verkoop vir R5 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Topster ·

Hy moet dieselfde straf toe gedien word maar nee stop hom in die tronk daar kan hy lekker verder leer en n ambagsman word en ons gewone ou landsburger trek aan die kortste .Hulle moor ons uit en dan moet ons vir hulle sorg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.