Man gevonnis ná hy tiener voor groep vriende verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 20-jarige man is tot 15 jaar tronkstraf in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy ʼn 15-jarige meisie voor haar groep vriende verkrag het.

“Die meisie het op 4 Desember 2014 saam met ander meisies van ʼn tradisionele seremonie in Mhlathuzane teruggekeer toe die man haar langs Sesabani-rivier van die groep weggeneem het,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het haar voor die hele groep verkrag.”

ʼn Saak van verkragting is die volgende dag by Eshowe-polisiestasie aanhangig gemaak.

Die meisie het berading ontvang en is vir ʼn mediese ondersoek gestuur.

“Die man, Mandiseni Sikhakhane, is in hegtenis geneem en was regdeur sy hofsaak in aanhouding. Hy is Woensdag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis,” het Naicker bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

George ·

As jy jou soos ‘n dier wil gedra moet jy maar in ‘n hok gesit word. So maklik soos dit skuimbol.

Martin ·

SNEL, dit is nou my vraag ook. ‘n Groep kon tog sekerlik ‘n plan maak?

PIXIE ·

Snel ek stem, dit is skokkend . Ja nee – die groep staan en kyk – hulle was mos baie en kom hom aangeval het of met ‘n baksteen gegooi het of met iets geslaan het! Die vernedering van die arme meisiekind en glo nie sy sal sommer gou herstel van die nagmerrie nie.

Berhalet Beukes ·

Kom minister van korrektiewe dienste, tree in en nail jou maatjies soos jy OP nail!Sies man, kyk wat doen jou boeties!

neelsie ·

Het verkragting nou so algemeen geword dat daar selfs toeskouers is!!

Wilmarie ·

Hoe kan mense staan en kyk hoe iemand verkrag word? Probeer hulle nie eers daai arme meisie help nie? Wat n siek storie!

Verward ·

Ek verstaan glad nie hierdie storie nie. Hoe kan mens iemand verkrag terwyl haar vriende toekyk? Het hulle nie eens probeer om te help nie? Swak beriggewing, die joernalis moes hierdie vrae gevra het.

Theresa ·

Ek vra nou ook : En almal staan ek kyk! Hemel julle is darem dig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.