Man gevonnis ná hy tienerseun op Kersdag verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man is in die Empangeni-streekshof in KwaZulu-Natal gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van ʼn 17-jarige verstandelik gestremde seun.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het gesê die verkragting het op 25 Desember 2014 by die skuldige se huis in Empangeni plaasgevind.

“Die seun het ná die voorval gehuil. Toe hy daaroor uitgevra is, het hy gesê dat hy deur die man by sy huis verkrag is,” het Gwala gesê.

ʼn Saak van verkragting is by die Empangeni-polisie aangegee en deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe oorgeneem.

Die man is kort ná die verkragting in hegtenis geneem. Hy het sedertdien verskeie kere in die hof verskyn en is Vrydag tot 10 jaar tronkstraf gevonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Inge ·

Hoe siek moet jy wees! Hoop hy kry terug wat hy uitgedeel het. Blikskottel!

Siestog ·

Ja Inge, dit is hierdie tipe nuus wat my in vreemde tale laat praat.

Lance ·

Dit is net siek en vieslik wat die mense maak …geen gevoel of respek vir enige lewe nie !

Koos ·

Jammer die doodstraf is nie meer in werking vir hierdie soort misdadigers nie.

Wat-ek-lees ·

Verwyder net dit wat pla, maar o-nee, menslikheidshalwe is dit ‘n verskriklike onreg. In hierdie land is daar té veel regte en voorregte vir dié wat dit nie toekom.
Doodstraf? O wee, nog nooit ooit weer want ook dit was rassisties . . .

Piet ·

Maar is dit nie skokkend dat hy slegs 10 jaar tronk toe gaan nie. Wie was die regter? Hoe lank sal dit wees voor hy parool kry, want die gestremde kind sal seker nie sy parool teenstaan nie? Dit is n misdaad van die ergste soort en hy kry slegs 10jaar – dis belaglik!

Bullseye ·

En weereens kom n sekere vroue regter se woorde by my op…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.