Man gevonnis ná hy verstandelik gestremde buurvrou verkrag

Argieffoto

ʼn 26-jarige man is vandeesweek in die Pinetown-streekhof skuldig bevind en gevonnis vir die verkragting van ʼn 26-jarige verstandelik gestremde vrou.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê Snothando Mhlongo is skuldig bevind aan die verkragting van sy verstandelik gestremde buurvrou in 2016.

“In Julie 2016 het die slagoffer buite geloop toe die beskuldigde haar na sy huis in Berkshire Downs in New Germany gelok en verkrag het. Hy het haar met die dood gedreig, sou sy iemand van die voorval vertel,” het Zwane gesê.

Die slagoffer het die voorval by die polisie aangemeld en ʼn saak van verkragting is by die Pinetown-polisiestasie aanhangig gemaak. Die voorval is verder deur die polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (FCS) ondersoek.

“Tydens die ondersoek het dit aan die lig gekom dat die beskuldigde die slagoffer by verskeie geleenthede verkrag het, waarna Mhlongo in hegtenis geneem is.”

Mhlongo is tot 18 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van verkragting.

Genl.maj. Bheki Langa, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die swaar vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moet weet ·

Nee Susan, of ons wil of nie moet ons kennis dra van hierdie vieslikhede wat aangaan. Ek sou sy naam ‘Snot-hande’ spel. Eintlik behoort hy ontman te word want wanneer hy uit die tronk kom gaan hy dit wéér doen! Dit is egter ‘onmenslik’.

Manie Strydom ·

Wie is susan ? , ek kry geen aanduiding van n Susan in die berig nie.

Swaar? ·

18 jaar swaar straf? Dink nie dis swaar nie…. Kon 118 jaar maak. So iemand moet nooit weer die buite kant van ‘n tronk sien nie.

Denise ·

Walglik van hom geen respek vir n ander nie gooi weg die sleutel geen vrou verdien om so verneder te word nie !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.