Man gevonnis ná hy vriendin doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Koffiefontein in die Vrystaat wat in Oktober sy vriendin tydens ʼn rusie vermoor het, is Maandag in die plaaslike streekshof gevonnis.

Ao. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Stephen Blaar (27) het sy 30-jarige vriendin “se skedel vermorsel deur haar herhaaldelik met ʼn voorwerp te slaan”.  Blaar is kort ná die voorval in hegtenis geneem en verlede week aan moord skuldig bevind. “Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis,” het Mohobeleli gesê.

Die vonnis volg slegs ʼn paar dae ná ʼn soortgelyke voorval in die provinsie toe ʼn vrou van Ventersburg Vrydagaand haar man tydens ʼn rusie met ʼn mes doodgesteek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Chris ·

Ek wonder hoeveel vroue van die and se vroueliga was daar gewees.

tamboti ·

Ek wil nou nie geweld aanpraat nie maar mag die regter/magistraat vir 15 jaar enorme aambeie kry oor hoe hy/sy haar/sy werk verrig.
Lewenslank vir moord, geen parool voor nooit!!!!!!

Loon ·

Ek verstaan dit nie mooi nie, n paar berugte terug is daar geskryf dat n man 60 jaar gekry het vir verkragting. Hierdie man pleeg moord en kry net 15 jaar…… is dit net ek of maak hierdie regstelsel nie sin nie.
Dis n grap.

talitha ·

Ek stem saam dat die straf vir moord heeltemal te kort is. Mense moet minstens 25 jaar kry vir moord en dan nog haar ma ook geslaan. Hy moes 30 jaar gekry het.

Amanda Van Vuuren ·

Sjoe ek kan nie glo teen watter spoed die sake skielik deesdae weer afgehandel word nie!! whoopi, whoopi…
Dan ja dit lyk of 15jr vir moord nou mode word!!!
Trek af goeie gedrag! en die gemors is in no time uit op parool!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.