Man gevonnis ná hy vriendin vermoor, begrawe

Errol Heynstock. Foto: Verskaf.

ʼn Man van Kroonstad in die Vrystaat is gevonnis nadat hy sy vriendin vermoor en agter in sy erf begrawe het.

Kapt. Malebo Khosana, woordvoerder van die polisie, het gesê Errol Heynstock (51) met die skuilnaam Andre Michaels, is gevonnis tot 13 jaar tronkstraf vir moord, ses jaar vir diefstal en ses jaar vir twee aanklagte van bedrog. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Sy effektiewe tronkstraf beloop dus 19 jaar.

Dié vonnis kom nadat Martha Jordan (66), Heynstock se vriendin, op 2 November verlede jaar as vermis aangemeld is. Ao. Mptlalepule Motsoari het dieselfde dag saam met ao. Strydom en Benji, sy hond van die polisie se honde-eenheid, Heynstock se huis in Môrewag in Kroonstad besoek.

“Die hond het positief gereageer vir liggaamsvloeistowwe op die tuinvurk wat in een van die buitekamers was. Motsoari het vir ʼn laaste keer deur die huis geloop en ʼn deel in die agterplaas gesien wat vir haar vreemd gelyk het en die vermoede laat ontstaan het dat dit moontlik ʼn graf kan wees,” het Khosana gesê.

ʼn Liggaam van ʼn vrou is op 4 November 2016 ontdek en na die oppervlak gebring nádat ʼn taakspan opgrawings op dié deel van die erf gedoen het. ʼn Saak van moord is toe aanhangig gemaak.

Heynstock is vier dae ná die gru-ontdekking in Winterton in Kwazulu-Natal vasgetrek.

“Verdere ondersoek het aan die lig gebring Heynstock het meubels gesteel en onregmatig die oorledene se identiteit gebruik om kontantlenings aan te gaan,” het Khosana gesê. Dit het aanleiding gegee tot die aanklagte van diefstal en bedrog.

Heynstock was sedert sy inhegtenisneming in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jaco ·

soveel plaasmoorde en huisrowe waar wit mense uitgemoor word. SA se wit mense raak al hoe minder. en hier doen een van ons eie mense dit aan een van ons eie mense. tragies.

sê maar net ·

SWAAR STRAF, MY VOET!!!! DIE DOODSTRAF KLINK VIR MY NA SWAAR STRAF. DIE REGSTELSEL IS REGTIG KORRUP

Freda ·

goed so…..hoop hy bly lank daar, het nogal in die dorp rondgeloop en orals geld geleen, ek het ook aan hom geleen…skelm

Cor ·

Dit is hopeloos te min. Hy was uit op parool toe hy die vermoorde bevriend het en sy hom jammer gekry het. Toe vermoor hy haar en verkoop al haar besittings voordat hy vlug. Hy moes lewenslank plus gekry het oor 5 na 10 jaar is hy weer op parrool en vermoor weer. Verstaan nie die regstelsel nie.

Lientjie ·

Lees ek reg 13 jaar vir moord , 6 jaar vir diefstal, 6 jaar vir bedrog 13+6+6 = 25jaar of het hulle hom afslag gegee op sy 25 jaar.

jaco ·

party strawwe loop seker gelyklopend. hy het ook mos maar net n wit mens vermoor, so dis eintlik nie so n ernstige oortreding nie. daar is mos nou 1 wit rassistiese uitbuitende wit vrou minder in SA. dis tog maar wat ons ANC-beheerde owerhede eintlik van ons dink.

Cherokee ·

Lientjie, ek het dit ook opgemerk en weer lees en weer lees het my tot die gevolgtrekking gebring dat die berigskrywer gefaal het om te sê (net) die twee ses-jaar-vonnisse word gelyklopend uitgedien. Waarvoor ‘n moordenaar afslag kry weet nugter alleen.

jaco ·

oppas vir agiteer dat die doodstraf terugkom: dit kom dalk terug en word dan net toegepas op wit mense…

Jacques venter ·

Sê maar net
Die regstelsel is nie korrup nie. Die regstelsel funksioneer volgens die konstitusie, die hoogste wet in die land. Die grondwet bepaal dat die doodstraf onwettig is

As jy sien hoe die regstel Zuma bykom, besef mens hoe onafhanklik die howe is.

As jy se vervolgings gesag is korrup, stem ek heelhartig saam

Frikkie Geld en huis ·

13 Jaar ?? As hy haar nie vermoor het nie en in ‘n doodskis probeer druk het, het hy 14 jaar gekry.

Cherokee ·

En komplimente vir die vroumens met die hond se op en wakker ondersoek.

Wim Kotze ·

Nee Cherokee, lees weer. Dit is ao. Strydom en sy hond Benji. Maar Stydom is seker ‘n Afrikaner, daarom verdien hy geen krediet nie.

Lizelle ·

13 Jaar? Sit iemamd im die kis, maak hom skrik, hy klim daar uit en gaan getuig, die strafis veel ergeras die van moord! Wat n grap van dubbel standaarde in die regsisteem

Antonie ·

Wat m grap! Ek stem saam moet net nie iemand in n doodskis sit nie. Net omdat hy lewe en met angs voort moet leef is dit n swaarder straf. Se voet man! Suid-Afrika se regstelsel ruk jul self reg…..

Casper Labuschagne ·

13 + 6 + 6 = 19 jaar effektiewe tronkstraf vir ‘n grusame moord op ‘n vrou wat haar hart vir hierdie moordenaar sonder enige berou oopgemaak het. Vergelyk dit met die swaarder tronkstraf wat die twee doodskis aanranders gekry het. Duidelik is dit ‘n beduidende versagtende omstandigheid vir Heynstock dat sy slagoffer bloot ‘n wit middeljarige vrou was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.