Ao. Matthews Nkoadi, woordvoerder van die polisie, het gesê Steve Tshikane (57) van Ga-Rankuwa is vroeër vandeesweek tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van ontvoering, 15 jaar vir poging tot moord en lewenslange tronkstraf vir verkragting.
Tshikane het ʼn 45-jarige vrou op 2 Maart 2012 ontvoer en by sy huis in Ga-Rankuwa gyselaar gehou. “Hy het haar met ʼn warm mes en kookwater gemartel en herhaaldelik verkrag,” het Nkoadi gesê.
Sy kon uiteindelik daarin slaag om te ontsnap en het die polisie in kennis gestel. Kol Frans Manyaka, stasiebevelvoerder van Ga-Rankuwa, het die ondersoekbeampte geloof vir sy toewyding aan die saak.
Werklik uitstekende polisiewerk waar ook die lêer nie weggeraak het.
MAAR die vonnis moet eintlik die doodstraf wees vir sy misdade.
Natuurlik sal News24 nooit die berig nie, want rassisme het n primere kleur in SA
Ja nee kyk ek sal wil weet wie daai regter was, hier gaan dit nie oor vel kleur of rasisme nie, gaan teen n vrou se sin dra die nagevolge. So raad wat ek aan so n verkragter of iemand wat daar aan dink, die gereg is aan ons vrouens se kant (soet wraak) is ook n wapen vir ons
Net TWEE weke? My vrou hou my al 25 jaar lank gyselaar….
Mooi JJ! En dan is daar mans wat wens hul word as gyselaar gehou vir lewenslank soos jy. lol
22 Okt
Wonderlik!!!! die wiel is besig om stadig te begin draai!! beste vonnis in n baie lang tyd…ek staan hoeka op vir vrouregte, veral abuse in enige vorm!