Man gevonnis ná hy vrou met byl vermoor

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man wat verlede jaar ʼn jong vrou ontvoer, verkrag en met ʼn byl doodgekap het, is Vrydag in die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis.

Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Night Kome (38) is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die ontvoering, verkragting en moord op Olebogile Kaogase (19).

Volgens Tawana het Kaogase op 5 Julie 2015 huis toe gestap van ʼn bushalte in Kuruman af toe Kome haar oorval en na sy huis op ʼn nabygeleë plaas waar hy gewerk het, gesleep het. Hy het haar daar verkrag voordat hy haar met ʼn byl doodgekap het.

“Kome is die volgende dag met behulp van inligting uit die gemeenskap in hegtenis geneem. Hy het die polisie na die vlak graf geneem waar hy Kaogase se liggaam begrawe het,” het Tawana gesê.

Tawana kon nie bevestig watter vonnis Kome presies opgelê is vir elk van die aanklagte waarop hy skuldig bevind is nie, maar het gesê hy sal in werklikheid 20 jaar agter tralies deurbring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek kan my net indink hoé vreesbevange sy moes gewees het en hy kry net 20 jaar (verkragting en moord) en vir ‘n wrede dood wat sy gesterf het.
DOODSTRAF !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Andrea van Vuren ·

Stem saam. 20 jaar is NIKS in vergeleke met die wrede sinnelose daad nie! Nou gaan hy heerlik in die tronk sit, kos kry en TV kyk. Moontlik nog ‘n graaf verwerf ook!

Veritas ·

‘n Verkragter bly ‘n verkragter. Hulle behoort nooit vrygelaat te word nie. 20 jaar agter tralies is nie genoeg vir ontvoering, verkragting en moord nie. Brandmerk die hond en los hom vir die familie van die slagoffer. Dié vonnis is ‘n klap in die gesig van die slagoffer.

Luister ·

Wanneer gee S.A. lewenslange tronkstraf, sonder die kans op parool? (Soos Amerika). Ek dink dit is erger as doodstraf.

Skapie ·

Dit is skokkend dat hy wegkom met 20 jaar. Doodstraf is wat hy moet kry

Frederik ·

Hy het duidelik beplan om haar te vermoor na die verkragting en kry maar 20 jaar?? Skande!!

SNEL ·

En hy gaan nie eers n volle 20 jaar sit nie, dis nog erger en ek stem, eenkeer n verkragter, altyd een en as hy uitkom (omdat hy nie sy volle 20jaar gaan sit nie) is hy nog nie oud en oor die muur nie en gaan dit net weer doen. Sy was maar 19 jaar toe hy haar lewe van haar gesteel het en op so wrede manier ook. 20 jaar is niks, hy moes lewenslank gekry het. Haar ouers is seker vreeslik verbittered, sou beter gewees het as die gemeenskap die reg hier in hul hande kon neem.

Theresa ·

Dit moet beveg word deur haar familie, vriende en gemeenskap. Hy moet 50j vir elke ding kry wat hy gedoen het. En sy soort misdadiger moet in ‘n 1 x 2m selletjie aangehou word. Ryswater tot na die 100+ jaar.

Karma ·

Maroela, maak tog net jul berig reg! “Kaogase (KOMA) is die volgende dag met behulp van inligting uit die gemeenskap in hegtenis geneem. Ht het die polisie na die vlak graf geneem waar hy Kaogase se liggaam begrawe het”. Soe, ek het nie geweet ‘n mens kan jouself begrawe nie!

Mariné Lourens ·

Dagsê Karma

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Nee man ·

Nee man hoe kan die monster wat alles beplan het net met 20 jaar wegkom!!!!! Regtig waar Meneer die Regter, ek hoop jy gaan sit en dink bietjie na, hoe kan jy ‘n Night Kome wat ‘n pragkind verkrag, die vrees en haar reg as vrou wegneem, haar daarna met ‘n byl doodkap, wat kan jy as versagtend in enige van hierdie dade gesien het. Hy is flippen 38 en sy 19 – net die seks alleen is al horribaal verkeerd, ‘n mooi jong meisie met ‘n ou man, dan teen haar wil, dan sleep dan kap stuk vir stuk hou vir hou. Kan jy al die vrees indink wat sy moes deurgaan en hy kry 20 jaar luxury lewe, hy hoef mos nou nie meer te werk nie en ontvang net alles!!!! Mense regte is slegs vir kriminele!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.