ʼn Man wat verlede jaar ʼn jong vrou ontvoer, verkrag en met ʼn byl doodgekap het, is Vrydag in die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis.
Lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê Night Kome (38) is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die ontvoering, verkragting en moord op Olebogile Kaogase (19).
Volgens Tawana het Kaogase op 5 Julie 2015 huis toe gestap van ʼn bushalte in Kuruman af toe Kome haar oorval en na sy huis op ʼn nabygeleë plaas waar hy gewerk het, gesleep het. Hy het haar daar verkrag voordat hy haar met ʼn byl doodgekap het.
“Kome is die volgende dag met behulp van inligting uit die gemeenskap in hegtenis geneem. Hy het die polisie na die vlak graf geneem waar hy Kaogase se liggaam begrawe het,” het Tawana gesê.
Tawana kon nie bevestig watter vonnis Kome presies opgelê is vir elk van die aanklagte waarop hy skuldig bevind is nie, maar het gesê hy sal in werklikheid 20 jaar agter tralies deurbring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Ek kan my net indink hoé vreesbevange sy moes gewees het en hy kry net 20 jaar (verkragting en moord) en vir ‘n wrede dood wat sy gesterf het.
DOODSTRAF !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
‘n Verkragter bly ‘n verkragter. Hulle behoort nooit vrygelaat te word nie. 20 jaar agter tralies is nie genoeg vir ontvoering, verkragting en moord nie. Brandmerk die hond en los hom vir die familie van die slagoffer. Dié vonnis is ‘n klap in die gesig van die slagoffer.
Net 20 jaar? Verkragting en moord?
Wanneer gee S.A. lewenslange tronkstraf, sonder die kans op parool? (Soos Amerika). Ek dink dit is erger as doodstraf.
Dit is skokkend dat hy wegkom met 20 jaar. Doodstraf is wat hy moet kry