Man gevonnis na hy vrou, skoonma vermoor

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vrystaatse man wat sy vrou en skoonma doodgeskiet en blind gelaat is nadat hy probeer selfmoord pleeg het, is Woensdag in die hooggeregshof in Bloemfontein gevonnis.

Ao. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het gesê Shaun Rolls (27) is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir die moorde, agt jaar vir poging tot moord, ses maande vir kwaadwillige saakbeskadiging en drie maande vir aanranding. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Rolls, ʼn veiligheidswag, het in Januarie verlede jaar sy 27-jarige vrou na haar ouerhuis in Bloemfontein gevolg nadat hulle vroeër ʼn argument gehad het. Hy het met sy aankoms by die huis sy vrou aangerand en van die huis se vensters uitgeslaan.

Hy het die volgende dag teruggekeer na die huis en sy vrou, sy 65-jarige skoonma en 78-jarige skoonpa geskiet. Rolls het hierna probeer selfmoord pleeg en is nou blind. Rolls se vrou en skoonma is op die toneel dood verklaar. Sy skoonpa het die aanval oorleef.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dr Pieter van der Dussen ·

Is dit die vlak waarheen ons gedaal het? Was dit ‘n Engelse predikant wat gese het: There, but for the grace of God, go I? Wie is die bejammeringswaardige: die moordenaar – of Corne? Ek dink die redaksie kan gerus ‘n bietjie meer oordeel gebruik….. in ooreenstemming met die beleidsverklaring hierbo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.