Man gevonnis na hy vrou voor kind doodskop

jail_bars‘n Man van Mpumalanga is in die Nelspruit-streekshof gevonnis nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy sy vrou vermoor het aangesien hy gedink het sy is ontrou aan hom.

Raymond Fanny Mathebula (27) is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis. Mathebula is op 28 April 2012 in hegtenis geneem in verband met die moord op Bongiwe Magagula (24). Mathebula het onskuldig gepleit op die aanklagte en aangevoer dat hy nie bedoel het om sy vrou te vermoor nie.

Mathebula het Magagula op 27 April 2012 voor die egpaar se vyfjarige seun doodgeskop.

Landdros Andre Geldenhuys het tydens vonnisoplegging gesê Magagula, wat in ‘n stabiele huishouding grootgeword het, het die lewe van ‘n weerlose vrou geneem net omdat hy jaloers was. “Talle weerlose vroue in die land word deur hulle jaloerse mans vermoor. Die hof moet ‘n sterker boodskap stuur aan ander voornemende oortreders dat dit nie geduld sal word nie.”

Geldenhuys sê die egpaar se seun moes getuig oor die gebeure en sal nooit die moord op sy ma kan vergeet nie. “Wat hy gesien het met sy ma gebeur het sal vir die res van sy lewe in sy gedagtes bly.” – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

LvR ·

NET – 10 jaar – ?? Skreiende skande!
Wat gaan aan met hierdie SIEK mensdom van ons ?

pop ·

Wat!!!!!!!10 jaar, eks stom. so oor 3 jr of so loop hy vry daar uit en kan dit maar weer doen. Wat is die boodskap hier?????As iets ons pla dan maak ons dood voor die voet. Vir wat sal mense bv bodder met smerige egskeidings????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.