Man gevonnis ná inbraak en verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 30-jarige man van Pietermaritzburg is gevonnis nadat hy twee keer in een aand by ʼn vrou se kamer ingebreek en haar tydens die tweede inbraak verkrag het.

Nkululeko Nxumalo is in die Pietermaritzburg-streekshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en drie jaar tronkstraf vir huisbraak.

Volgens maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het Nxumalo op 17 April 2011 omstreeks 21:30 by die vrou se kamer ingebreek en haar probeer verkrag. Die vrou kon egter daarin slaag om van hom te vlug.

“Die slagoffer het omstreeks 00:30 dieselfde aand ʼn klop aan die venster gehoor en dit was dieselfde persoon wat vroeër die aand in haar kamer was. Hy het deur die venster die huis binnegekom en die vrou met ʼn mes gedreig terwyl hy haar verkrag het.”

Volgens Zwane het die slagoffer die verkragting by haar werkgewer aangemeld waarna ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.