Man gevonnis na moord op tienermeisie

James Thipe. Foto: Verskaf deur polisie

James Thipe. Foto: Verskaf deur polisie

‘n Man is Woensdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die ontvoering van en moord op die 17-jarige Helen Kuhn.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, sê James Thipe (23) is in die rondgaande hooggeregshof in Kathu in die Noord-Kaap skuldig bevind aan die ontvoering van en moord op Kuhn in Augustus 2012.

Kuhn het van Dingleton na Kathu geryloop, toe Thipe haar ‘n saamrygeleentheid aangebied het. Kuhn het haar ma geskakel nadat sy besef het Thipe ry in die verkeerde rigting.

Kuhn se ma het die polisie in kennis gestel. Die polisie het Thipe tydens ‘n patrollie op die pad gevind.

“Thipe het aan die polisie gesê hy is deur drie gewapende mans gekaap en dat sy motor met Kuhn in deur die kapers gevat is.”

Die polisie het die motor gevind terwyl Thipe by die polisiestasie gewag het. Die motor was in ‘n ongeluk betrokke gewees.

Kuhn se liggaam is naby die motor gevind. Sy was keelaf gesny.

Die polisie het die motor se sleutels en die moordwapen in Thipe se sak gevind en hy is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Waks ·

Hy sal nie eers 18 jaar uitdien nie dan is hy uit, wat maak dat jy ‘n vreemde persoon keelaf sny en nog lieg oor kaping. Mens is niks jy word dood gemaak vir die simpelste ding even ‘n sigarte stompie.

PURE BOER ·

Waar kan ek die hele storie kry? Dis die eerste keer wat ek hoor van die moord.

"Huh!" ·

18 Jaar vir ‘n lewe!?
Ek hoop hierdie is ook ‘n les aan ander. Hoe op deeske aarde kon sy saam met hom in ‘n voertuig klim!? Dit was uiters dom!

Estelle ·

@ Huh ek stem 100% saam met jou, waar kan ‘n dame/meisie vandag ryloop? dit is nou k.k soek op die hoogste noot! In ‘n vreemde kar klim, nee nee nee! soos jy se, ‘n baie duur les te leer uit die berig!

hy gaan nie eers 8 van die 18jr uitdien nie, want dan gaan hy konsuis gerehabiliteer wees! lagwekkend wat ‘n mens se lewe vandag werd is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.