Man gevonnis na ongeluk waarin minister sterf

Amukelani Rikhotso. Foto: ANA

Amukelani Rikhotso. Foto: ANA

Die vragmotorbestuurder wat betrokke was in die botsing waarin Collins Chabane, minister van staatsdiens en administrasie, sy bestuurder en lyfwag dood is, is tronkstraf opgelê.

Amukelani Rikhitso (29) is in die Mankweng-landdroshof in Limpopo tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis, het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. Sy bestuurslisensie is vir ses maande opgeskort en hy is onbevoeg verklaar om ʼn vuurwapen te besit.

Rikhitso het in April vanjaar skuld beken op drie aanklagte van strafbare manslag, bestuur onder die invloed van alkohol en roekelose of nalatige bestuur.

Hy het ʼn skulderkenningsverklaring van sewe bladsye by die hof ingedien. “Ek het berou omdat ek oor die wettige perk was. Ek het berou oor my optrede en weet dit is wetlik strafbaar,” het hy gesê. Volgens Rikhotso was dit nie sy bedoeling om te drink en te bestuur nie.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het in die vroeë oggendure van Sondag 15 Maart 2015 op die N1-hoofweg naby Polokwane plaasgevind. Rikhotso het glo ʼn U-draai voor Chabane se motor gemaak.

Lees alle vorige berigte oor Collins Chabane op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Jan Jooste ·

Oscar kan by Rikhitso leer hoe ‘n man optree nadat hy gefouteer het.
Hy huil nie en word naar in hof nie. Hy vertel nie vier stories nie. Ongelukkig kon hy ook nie ‘n duur advokaat bekostig nie.
Hy verdien wel ‘n goue medalje vir manlikheid: Rikhitso erken en toon berou.

Esther Coetzee ·

Hoekom het sommiges so ‘n beheptheid met Oscar? Elke saak se omstandighede is anders en elke persoon wat by’ n saak betrokke is, verskil ook van ‘n ander. In elk geval byt ek nie in hierdie geval dat dit nie sy ‘bedoeling’ was om te drink en bestuur nie. Die verskoning geld as jy bv in jou erf met ‘n bal speel en die bal tref en breek per ongeluk ‘n venster van die buurman se huis.

Joe ·

Ek stem beslis saam met jou Jan ….. Oscar dink hy is bo die hof verhewe …. toe dop hy ‘n toets van 6 jaar tronk straf wat volgens my hopeloos te lig is !Hy sal nooit ooit eerlik wees met homself nie , wat nog van die wereld !
Hoop hy het ook ‘n emmer in die sel as hy dalk weer wil op gooi ….. nou nog die polse affere …. jaa … hy soek simpatie & kan nie die “punch ” vat vir sy straf nie !!!

lynette ·

Maar hy het 3 mense se dood veroorsaak,eintlik vermoor want hy was dronk en ek hoor julle nie kla oor die LIGTE straf nie!!!!!

Rapes ·

Lynette ek stem. Waar is al die negatiewe kommetare nou? Is dit omdat hy nie wit is nie en ook nie ‘n bekende is nie, maar die drie wat dood is vir ook net ses jaar is sy staf seker regverdig.

Hennie ·

Lynette.
Dit was nie die dronk man se bedoeling om drie mense te vermoor nie! In sy dronk toestand het hy onverantwoordelik opgetree! Oscar het met voorbedagte rade’n moord gepleeg! Waar is jou redenasievermoë?

Andre ·

Daar word beweer dat die minister se kar teen ongeveer 200km/h gery het. Sou ‘n heeltemal nugter vragmotor bestuurder die ongeluk kon vermei?

Paul ·

Ook maar goed die minister en sy bestuurder was nie in die hof nie want hulle sou in elk geval ontken het dat hulle so vinnig gery het want dan moes die bestuurder ook sy lisensie verloor het.

Danie Biermann ·

So as die blou lig brigade my van die pad af probeer druk mag ek my gesin beskerm? Want hulle het geen repek nie. Wat sê die wet oor self verdediging? Ek sal definitief skiet om my gesin te beskerm.

Daenerys Targaryen ·

Ek stem saam en ek dink ook dat ‘n vragmotor tydens ‘n U-draai mos nie op spoed is nie so indien ek reg verstaan moes die bestuurder van die motor dan mos geweldig vinnig daarteen vasgery het? Albei bestuurders dus wet oortree.

Tong innie kies ·

Jan.100% in die kol.Oscar moes hom maar eerder gekry het om sy saak te verdedig.Die ou sou hom immers kon vertel hoe om op te tree tyden sy saak!

KarooKlong ·

Is die eerste keer vanaf die Vlakplaas era wat ek hoor ‘n man doen soveel erkenning uit sy eie – sonder dwang!

jaco ·

Dis jammer Chabane is dood en dat sy luukse motor afgeskryf is. Die minister wat chabane opvolg, het seker n motor 5 maal duurder gekry. Alles met belastingbetalers se geld betaal

s ·

Kan dit nie glo nie! Volw mense wat so kan aangaan. Dit is om van naar te word. Lyk my jul kan nie kommentaar lewer sonder om vir Oscar op te haal nie. Rerig gedink ons het meer intellegente mense in ons land maar duidelik nie want hul brein haak net by Oscar vas. Vergete is ander wrede ongelukke, familie moorde, oumense, gesinne met kinders!! Jitte mense los nou maar vir Oscar uit hierdie ane sake – elke saak het sy eie meriete. As jy nie kan kommentaar lewer sonder om elke keer Oscar se saak op te bring nie – Hou liewers jou kommentaar vir jouself, ons het genoeg gehoor nou al van net Oscar dit Oscar dat. Pasop dat dut wat met ane gebeur nie eendag oof jul en/of families na aan jul se pad kom nie. Jy weet nie wat more inhou nie!!

Meisie ·

My insiens al het hy nou hoe mooi onverskooning gevra,dit is drie lewens vir net 6 jaar.Dit is baie onbillik.

Pastoor ·

Ek het ookal die bloulig brigade in full swing gesien. Mense geken wat noual jare terug onder die grond lê agv hulle way van bestuur. Die kant van die graf kan die mens maar maak soos hy wil. Die Woord sê egter die mens is bestem om 1 maal te sterf en daarna die oordeel. So of jou naam Oscar Queen Elizabeth of Obama of Diana of Justin Beever is. Elke knie sal buig en belei dat Jesus die seun van God is

Pastoor ·

Ek het ookal die bloulig brigade in full swing gesien. Mense geken wat noual jare terug onder die grond lê agv hulle way van bestuur. Die kant van die graf kan die mens maar maak soos hy wil. Die Woord sê egter die mens is bestem om 1 maal te sterf en daarna die oordeel. So of jou naam Oscar Queen Elizabeth of Obama of Diana of Justin Beever is. Elke knie sal buig en belei dat Jesus die seun van God is amen

Tiger ·

Hy vermoor drie mense met sy vragmotor as wapen en kry net 6 jaar tronkstraf?Hoe de joos het die regter daai een uitgewerk?Hy betoon nou berou?Se voet!Hy moes 3 lewenslange vonnise gekry en sy bestuurs lisensie verbeurt verklaar gewees het en nie opgeskort vir 6 maande nie.As jy iemand met ‘n vuurwapen doodmaak skort hulle jou lisensie op vir 5 jaar maar met ‘n gevaarliker ding soos ‘n vragmotor net 6 maande?Waar gaan ons regstelsel heen?Dis SIEK!

Jan maak n plan ·

Dit is vir my baie eienaardig dat die saak waarin iemand n ongeluk veroorsaak met die bloulig brigade so vinnig afgehandel word, maar waar die bloulig brigade die ongeluk veroorsaak daar nie juis n saak eers is nie.

Rupert Ashford ·

Want jou belastinggeld betaal vir die beste regsgeleerdes, eindelose appelsake en miskien ‘n bruin kardoes vol note… o ja en miskien ‘n dreigoproep of twee in die nag….

Rupert Ashford ·

Het hulle Chabane en kie se bloedalkoholvlakke ook getoets? Ek weet ons praat van mense wat dood is in die ongeluk, maar as hulle so gejaag het is daar geen sprake dat ‘n nugter vragmotorbestuurder enigsens die ongeluk sou kon vermy nie, behalwe as hy onwettig ‘n u-draai gedoen het…

LO ·

Volgens ………………….was dit nie sy bedoeling om te drink en bestuur nie???????? ASB!!!!

Geen U-draai ·

Kan mense swaar gestraf word wat onverantwoordelik u-draaie maak wanneer dit nie veilig is om dit te doen nie!

Jeanne ·

Die blouligbrigade het al soveel ongelukke veroorsaak, en die dood van verskeie mense sowel as die verminking van ‘n skoolseun, Thomas, wat het van daardie saak geword? Is die man toe gevonnis, of het dit ook ‘n stille dood gesterf, of het hy net ‘n houtjie op die kneukels gekry? Laat die vragmotorbestuurder sy straf kry, maar vervolg dan ook die blouligbrigade wat dink hulle is ‘above the law’ .. meestal is hulle nie eers oppad na ‘n belangrike vergadering met ‘n belangrike persoon in die motor nie, meestal is dit maar net ‘n magsvertoon, hulle het ‘n blou lig, hulle het die motor en hulle mag die spoedgrense oortree, twak, hoekom mag hulle 200 km/h ry?

Scalla ·

My ook afgedruk van die pad op buurdorp in hul swart voertuie en al wat n verkeersteken verontagsaam en teen n hoe snelheid met blou ligte gejaag, ek het my wetlike spoed gehandhaaf en na 30 km by n bloekom plantasie het die hele konfooi in gelid langs die pad gestaan terwyl al die persone in die veld gestaan het en water afgeslaan het, word dit beskou as n nood situasie en is hul onaantasbaar?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.