Man gevonnis na ontvoering, moord op non

hof-hamer

Argieffoto

ʼn Man wat in Junie verlede jaar ʼn geliefde non van Mthatha in die Oos-Kaap, Suster Mary Paul Tacke, ontvoer en beroof het voordat sy later vermoor is, is Donderdag in die stad se hooggeregshof gevonnis.

Asiphe Ndikinda is vrygespreek op ʼn aanklag van moord, maar skuldig bevind op aanklagte van ontvoering en roof wat verband hou met die aanval op Tacke. Hy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die hof het Ndikinda tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, vyf jaar vir ontvoering en twee jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie.

Die 82-jarige non se liggaam is op 16 Junie verlede jaar in ʼn stroom tussen die Tyharha-nedersetting en Nyandeni Great Place in Libode gevind. Tacke is die vorige dag ontvoer, kort nadat sy kos vir haar kinderprojek by die Thembelihle Huis in Norwood afgelewer het.

Nadat Ndikinda onskuldig bevind is aan die moord op Tacke, is niemand ooit van die moord aangekla nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

sr Mary-Paul – ek wonder wat sy sou sê oor die vonnis? Ek wonder net “wie het haar toe vermoor”?

Adriana Stuijt ·

Dit is die mees verbasende vonnis wat ek nog oor gelees het. Presies wat was dan ‘geroof’ van suster Mary Paul Tacke se liggaam? Volgens die oorspronklike media berigte uit Oos Londen het die polisie al haar eiendomme teruggevind met haar vermoorde liggaam. Daarby was ook nog ‘n 9mm pistool en ‘n selfoon opgetel. Hulle het vir twee mans gesoek. Watter getuienis is dan gelewer in die hof wat die hoofregter daarvan oortuig het dat, terwyl hierdie man die arme non ‘ontvoer en beroof’ het, hy nie skuldig bevind kon word as mede-skuldig van moord? Daar is geen geregtigheid gedoen met hierdie uitspraak nie. Die Daily Dispatch het uitvoerig beriggewing gedoen oor die soektog na die ontvoerde non, en daarna na die soektog vir twee swart mans deur die polisie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.