Man gevonnis ná Paarl-vrou se moord

Jaco Oosthuizen. Foto: Suné van Heerden

Jaco Oosthuizen (33) is Woensdag in die hooggeregshof in Kaapstad gevonnis in verband met die moord op Nicola Pienaar (28).

Oosthuizen het ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan en regter Gayaat Salie-Hlophe het hom dienooreenkomstig gevonnis.

Staatsaanklaer adv. Megan Blows het bevestig die pleitooreenkoms is ook met die ondersoekbeampte en Pienaar se familie bespreek en hulle was tevrede daarmee.

Adv. Burger Brand, vir Oosthuizen, het aan die hof bevestig sy kliënt verstaan die ooreenkoms en verstaan die gevolge daarvan.

Salie-Hlophe het Oosthuizen tot 15 jaar direkte tronkstraf gevonnis op die aanklag van moord nadat hy Pienaar vroeg in Januarie 2017 verwurg het. Hy is tot vier jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van dwarsboming van die gereg omdat hy Pienaar se liggaam in ’n vlak graf begrawe het om haar dood te probeer versteek.

Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis op aanklag dat hy ’n voertuig en besittings gesteel het en tot twee jaar tronkstraf op vier aanklagte van bedrog nadat hy ’n Absa Garage-kaart wederregtelik gebruik het. Die twee jaar tronkstraf vir bedrog sal gelyklopend met die drie jaar tronkstraf vir diefstal uitgedien word.

Oosthuizen is gevolglik tot 22 jaar direkte tronkstraf gevonnis.

Nicola Pienaar. Foto: Facebook

Salie-Hlophe het aan Pienaar se familie, wat ook in die hof was, gesê sy hoop dié vonnisoplegging kan vir hulle ’n mate van afsluiting bring. Sy het hulle alle sterkte toegewens.

Marlaine Pienaar, Nicola se ma, het ná die vonnisoplegging aan Maroela Media gesê sy is dankbaar die saak is verby. “Ek koester nie ’n wrok nie,” het sy bygevoeg.

Pienaar was vyf maande swanger toe Oosthuizen haar in sy slaapkamer in sy ouerhuis aangeval het. Sy is verwurg en haar lyk is later in ʼn vlak graf op sy ouers se erf gevind. Haar baarmoeder is oopgesny en die fetus het buite gelê. Hy was glo nie die pa van die ongebore baba nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Aggenee ·

Hy moes eintlik vir ‘n dubbele moord gevonnis word. SIEK !! Geen gewete nie.

AP ·

5 Maande swanger, so ver ek weet op daardie stadium is dit ‘n babatjie wat al beweeg in die mamma se maag, wat ‘n siek persoon doen dit aan ‘n ander, dan kry hy geen tronkstraf vir die moord op die “fetus” nie??

Sê maar net ·

Waarim kry moordenaars in hierdie land sulke ligte vonnise. Kyk bietjie hoe swaar word iemand bv in Amerika gestraf vir ‘n soortgelyke misdaad. Dit maak nie vir my sin nie. 15 jaar vir iemand se lewe! Skokkend!!!

jaco ·

Sy slagoffer was “mos maar net wit”. Dis hoekom sy vonnis so lig is. Kyk ‘n slag deur ‘n ons owerhede se anti-wit polities korrekte bril na dinge en dan sal klomp goed sin maak. In hierdie geval het die moordenaar daarvoor gesorg dat daar nou een minder wit mens in SA is.

Tammy ·

Hoekom word daar vergeet van die baba wat ook vermoor is. Hy het die fetus uit die baarmoeder verwyder, wat is dit anders as moord. Stem gladnie saam met so n ligte vonnis nie, as jy mooi daaroor dink is dit eintlik n skande, dit was n dubbele moord, bedrog, diefstal en dan nog leuns en die liggaam in oneer in n vlak graf. Ek gril hiervoor dit is eintlik n skande. Hoop hy kry sy verdiende straf in die tronk!!!!!!!

rollie ·

Die fetus word nie as mens beskou deur die reg alvorens die kind nie lewend gebore word nie. Dit is dus nie moord in soverre dit die fetus aangaan nie.

Cherokee ·

Weet nie hoe lank is lewenslank nie maar waarkynlik korter as die 22 jaar wat hy gaan sit.
Oor 22 jaar sou die pragtige Nicola ‘n bloedjong 50 gewees het. Dan stap hy al weer vry rond. Iemand wat sulke dinge doen is gewetenloos, so hy sal nie eens ‘n gewete hê wat hom aankla nie. Lewenslank behoort lewenslank te wees.

Koos ·

Cherokee, lewenslank beteken iemand kan oor 25 jaar vir parool oorweeg word.

riaan ·

So jy sit iemand in n kis en doen verder niks aan hom behalwe om te dryg en jy kry 15jaar maak iemand dood en jy kry ook 15 jaar DOOD straf vir die ou

wonder ·

Ek wil soooo graag weet hoe kan iemand enigsins iemand anders doodmaak. Hoe kan enige mens so gevoelloos wees om die daad te doen en dan nog daarna te sit en die maag oop te sny om die fetus uit te haal. Dit is siek verby …. is mense in ‘n beswyming as hulle dit doen? of vat satan totaal oor dat jy alle redelikheid verloor?

rollie ·

Walglik dat haat/jaloesie omdat sy ‘n ander man se kind dra hom daartoe gedryf het.

DV ·

Al ons mense sal moet leer om reg te lewe.
Doodstraf is af geskaf, is dit reg???

GM ·

Mag hy vir altyd daardie beeld onthou van die fetus wat hy vermoor het, en die vrou se gesig by hom spook, dag en nag.

ES ·

Absoluut mal… kan nie dank wat in jou kop moet aangaan om so iets aan iemand te doen nie… walglik.

At ·

Weereens ‘n bewys hoe pateties die regstelsel in SA is. Daardie kalant kort lewenslank!

White Rhino ·

Die straf is te lig want die ongebore babatjie is ook vermoor op ‘n verskriklike manier.
Hy moes straf vir 2 moorde gekry het.

Gewete ·

Nie alle mense het gewetens nie. Sou dit so gewees het, was daar mos nie al die erge dinge wat orals gebeur nie. Die moordenaar het lankal vergeet wat hy gedoen het, maar die gevangenes gaan om nie laat vergeet nie.

Koos ·

Sy dade en bakkies herinner sterk aan Charles Manson. Dis inderdaad ‘n lekker ligte vonnis. Jason Rohde kan vanaand rustig slaap.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.