Man gevonnis ná petrolbom-moorde

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat skuldig bevind is op aanklag van die moord van drie gesinslede nadat hy hul huis met ʼn petrolbom bestook het, is Vrydag in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis.

Regter Ronnie Hendricks het Nicholas Molefe Ntsimane (40) skuldig bevind op 12 aanklagte. Hy is tot drie keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Kealeboga Segopa (30), haar agt maande oue dogter Kaboyaona, en haar 55-jarige ma, Mmapula Segopa by hul huis in Tlhabane. Hy was ʼn familielid van die oorledenes.

Hy is ook tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir elk van die aanklagte van gewapende roof, vyf jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en twee jaar vir die besit van ongelisensieerde ammunisie. Op aanklag van opsetlike saakbeskadiging is hy tot drie jaar tronkstraf gevonnis.

Hendricks het Ntsimane egter vrygespreek op aanklag agt en nege van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, aangesien dit in die besit was van Letlhogonolo Mokgofa, wat homself as staatsgetuie beskikbaar gemaak het nadat die aanklagtes Maandag teen hom teruggetrek is. Mokgofa was ʼn geloofwaardige getuie en word nie vervolg nie.

Hendricks het gesê hy hoop Ntsimane, wat ʼn diploma in skakelwese het, sal gerehabiliteer word, sodat hy ʼn betekenisvolle bydrae vir die samelewing kan lewer. “Geweld kan nie gebruik word om ʼn dispuut op te los nie. Mense het hul lewens verloor. Mense wat jy ken, jou familie. Hulle het geslaap en jy het geweet hulle sal nie kan ontsnap nie,” het Hendricks aan Ntsimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

hoe nou ·

Waar is die mrk en al die partye om te sien wat tussen mense van die selfde ras en kultuur aamekaar doen
Is dit nie ook n vorm van rassisme of is dit deel van hulle kultuur

Justice ·

Ongelukkig blyk dit so – die Regter glo hy is rehabaliteerbaar en dat hy ‘n betekenisvolle bydrae vir die samelewing kan lewer agv sy diploma in skakelwese – dit ongeag die gruwelike moorde wat hy gepleeg het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.