Man gevonnis ná sewejarige se dood

Argieffoto

Jan Bester (36) is in die De Aar-hooggeregshof in die Noord-Kaap gevonnis op aanklag van moord van die sewejarige William Duiker.

Duiker is op 25 Augustus 2016 dood aangetref langs ʼn treinspoor. Sers. Ndumso Isaiah van De Aar het die ondersoek gelei wat tot Bester se inhegtenisneming gelei het. Bester was in daardie stadium ʼn vriend van die Duiker-gesin.

“Die polisie in De Aar het die Duiker-gesin in 2014 aangeneem nadat daar bevind is dat hulle by ʼn stortingsterrein woon, nadat die pa tronkstraf opgelê is op aanklag van moord van die ma,” het lt.kol. Dimakatso Mooi, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die sewe kinders, onder leiding van die oudste, ʼn 21-jarige, is deur belanghebbendes bygestaan en hulle kon uiteindelik self ʼn huis bou om in te woon.”

William was die jongste kind in die gesin.

“Bester is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

snoefie ·

was die duiker kroos swart, het hulle n baksteenhuis met lopende water en sonpanele gekry. MM how het die polisie hulle aangeneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.