Man gevonnis na verkragting van blinde bejaarde

Argieffoto

ʼn Sewe-en-twintigjarige man van Bloemfontein is Maandag 20 jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig gepleit het op ʼn aanklag van verkragting van ’n 90-jarige vrou. Die bejaarde vrou is boonop gedeeltelik blind.

Majoro Jonas Mahoko het ingevolge ’n pleitooreenkoms met die staat erken hy het op 19 Februarie verlede jaar na die slagoffer se huis gegaan en voorgegee dat hy na haar seun op soek is, het Phaldi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, gesê.

Mahoko het die slagoffer alleen in die huis aangetref.

Mahoko het eers vir homself water in die kombuis gaan skink. Daarna het hy die vrou beveel om na die slaapkamer te gaan, maar sy het botweg geweier. Hy het haar in die vertrek ingedwing, ’n serp in haar mond gedruk en toe verkrag.

Hy is daarna terug kombuis toe.

Terwyl Mahoko in die kombuis was, het ’n vrou wat in ʼn huis op die slagoffer se perseel bly, in die huis ingekom en die man daar aangetref. Mahoko het gevlug nadat dié vrou hom gevra het waarom hy in die bejaarde vrou se huis was.

Die slagoffer het intussen om hulp begin skree.

Volgens die NVG het ’n voertuig in daardie stadium verby die slagoffer se huis gery en Mahoko gewaar terwyl dié probeer vlug het. Hy is aangekeer en teruggeneem na die slagoffer se huis. Die slagoffer het Mahoko herken en ’n skare mense, wat intussen by haar huis begin saamdrom het, het hom te lyf gegaan tot die polisie ingegryp het.

Navilla Somaru, waarnemende direkteur van openbare vervolging in die provinsie, het die ondersoekbeampte, Nyefolo Mofamere, asook die staatsaanklaer, Moipone Moroka, geloof vir hul bydrae om te verseker dat geregtigheid geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Magda ·

Goed so – Hoop hy bly agter tralies vir die volle 20 jaar!!!!!

Sarah ·

Hulle moes hom nie aan die polisie oorhandig het nie. Lafaard. Ek is sommer naar.

SomeOne ·

vark, gemors, die skare moes hom ook verkrag het, elke vinger, en dis die “elf”, ook gebreek het

Agter die skerms..... ·

Siek man waar doen mens net so iets – siek. Sarah ek is soos jy ook sommer net naar.

Belinda ·

Sjoe dankie vir die persoon wat ‘n vertrek huur xxx Arme Tannie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.