Man gevonnis nadat hy vier kinders verkrag

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 57-jarige man is Woensdag in die Hopetown-landdroshof in die Noord-Kaap gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan die verkragting van vier kinders.

Lt. Sergio Kock, ’n woordvoerder van die polisie, het gesê die man is tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis op die vier aanklagte van verkragting. Die man is ook tot ʼn bykomende drie jaar tronkstraf gevonnis op elk van die aanklagte van ontvoering. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die voorval het op 1 Mei 2013 gebeur. Volgens Kock het ʼn tienjarige seun en drie meisies, ook 10 jaar oud, op die dag in ʼn straat in Strydenburg gespeel. Die beskuldigde, wat een van die meisies se oom is, het die kinders gevra om saam met hom na ʼn huis te gaan waar hy dagga gekoop het. Hy het die kinders hierna na ʼn nabygeleë veld geneem waar hy hulle gedwing het om dagga te rook en hulle verkrag het.

Volgens Kock kon die kinders daarin slaag om die volgende oggend te ontsnap en is die beskuldigde dieselfde dag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anna ·

Om watter rede word sy naam nie genoem nie. Hy is dan reeds skuldig bevind.

Francie ·

Die man bly anoniem om die identiteit van die kinders te beskerm.
Sy sel se sleutel moet weggegooi word. Die vier kinders sit nou met lewenslange letsels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.