Man gevonnis oor 11-jarige se verkragting

Argieffoto

Koos Kula (23) is in die Bultfontein-streekhof skuldig bevind en gevonnis op aanklag dat hy ʼn 11-jarige meisie verkrag het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê Kula is tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die meisie en haar sewejarige broer was op 28 Julie 2019 omstreeks 19:00 by Kula se huis in Phahameng in die Vrystaat. “Dit was al laat en Kula het aangebied om halfpad saam met die twee huis toe te stap. Op pad het Kula die seun gestuur om vir hom te gaan gemmerbier koop en in ʼn teenoorgestelde rigting saam met die meisie begin stap.”

Kula het die meisie seksueel aangerand en gedreig om haar dood te maak. Hy het haar daarna na sy oom se leë plakkershuis geneem en haar verkrag.

Die boetie is intussen terug na Kula se huis en het vir Kula se ma gesê hy is weg saam met sy sussie en hy weet nie waarheen hulle is nie. “Kula se ma was agterdogtig en het dadelik die polisie gekontak. Toe die polisie opgedaag het, het sy hulle verwys na die plakkershuis waar Kula die meisie heen geneem het. Hy is kaal aangetref saam met die meisie en sy het gehuil en om hulp geskree.”

Konst. Thabiso Makhoba het die beskuldigde in hegtenis geneem en die saak ondersoek. “Makhoba het seker gemaak Kula bly in aanhouding tot sy vonnisoplegging.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.