Man gevonnis oor 3 lyke op plaas

hof-hamer

Argieffoto

Juan Sonnenberg (61), ‘n diamantdelwer van Hertzogville in die Vrystaat, is Woensdag drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op drie mans wie se liggame in Maart 2015 op Sonnenberg se plaas ontdek is.

Regter Ephraim Molitsoane het Sonnenberg ʼn lewenslange vonnis opgelê vir elk van die moorde op Michael Grant, sy broer Jerome Grant en Riaan Ruiters. Molitsoane het tydens sy vonnisoplegging gesê hy is oortuig die staat het bo alle redelike twyfel bewys dat die moorde vooraf beplan was. Hy meen ook Sonnenberg kon geen oortuigende redes verskaf hoekom ʼn ligter vonnis opgelê behoort te word nie.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Vrystaat, sê Sonnenberg is ʼn bykomende drie jaar tronkstraf vir die onwettige besit van ammunisie opgelê. Hy is onskuldig bevind op aanklag van onwettige besit van ʼn vuurwapen.

Die Grant-broers en Ruiters is op 15 Februarie 2015 die laaste keer lewend agterop Sonnenberg se bakkie gesien. Sonnenberg en die drie mans het in die rigting van sy wildsplaas, Diamant, in die Hertzogville-distrik gery. Die drie oorledenes het nooit huis toe teruggekeer nie en is twee dae later as vermis aangemeld.

Op 10 en 19 Maart 2015 is Ruiters en die Grant-broers se liggame in vlak grafte op Sonnenberg se plaas gevind. “Die liggame was reeds in ʼn gevorderde stadium van ontbinding. Al drie oorledenes is van agter in die kop geskiet,” het Shuping gesê.

Polisiebeamptes het destyds ook op verskeie vuurwapens en ammunisie in Sonnenberg se huis beslag gelê.

Adv. Johan de Nysschen, staatsaanklaer, het ter verswaring van vonnis aan die hof gesê wat ook al die motief vir die moorde was, is dit duidelik dat die oorledenes teregstellingswyse vermoor is. “Hul moorde was brutaal, sinneloos en vooraf beplan. Die beskuldige het besluit om die oorledenes te vermoor die oomblik wat hy in die rigting van sy plaas begin ry het,” het De Nysschen gesê.

“Hy het totale beheer van die situasie gehad. Hy het die oorledenes gevra om om te draai en het hulle van agter geskiet. Hy het daarna hul liggame op die plaas begrawe. Sodoende het hy pa’s van hul kinders weggeneem en mans van hul vrouens, en daarom kan die hof nie genadig wees met die straf wat hy oplê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Se maar net ·

Nou vrae ek met trane in my oe hoekom kan daai straf nie geld vir ALMAL wat moordpleeg nie!!

Asjas ·

Hoe kry een persoon in sy 60’s die oorhand oor drie jong mans? Het al 3 maar net rustig op hul kniee gegaan en rustig gewag om tereg gestel te word?? Hy het hulp gehad.

Francois ·

Asjas,
as jy 2 of 3 mense is en julle onverhoeds deur iemand tussen 15 to 115 jaar oud met n gelaaide vuurwapen in sy hand op julle gerig beveel word om die skoot in die gesig te vat of om te draai wat sal jou keuse wees…
Ja ek stem as al 3 slagoffers n bepaalde tyd vooraf geweet het en kon plan beraam en besluit het om die skieter te probeer oorrompel kon daar n kans gewees het vir een of selfs twee van die drie slagoffers om lewend daarvan af te kom. Maar ons weet nie wat die situasie presies was nie. Dalk het dit binne n kwessie van sekondes gebeur, dalk het hy dalk n entjie van die 3 slagoffers af gestaan, moontlik al 3 gelyktydig met die vuurwapen gedwing om op die grond te sit met hulle rug na hom toe. Dalk het dit so onverhoeds gebeur en dat hulle so geskok was deur die situasie waarin hulle skielik was, dat nie een van die 3 slagoffers helder kon dink wat aan die gebeur was nie en dus was daar nie tyd dat een met die ander enige vinnige plan kon bespreek nie. Jy het nie baie opsies om te oorweeg en tyd om dinge te deurdink en verdedigende aksies te beplan as jy in n gelaaide wapen vaskyk met n persoon wat jou sonder koud-bloedig, doelgerig en sonder twyfel wil ‘uithaal’ nie.

Kobus ·

Elke plaasmoord word voorag beplan, koekom kry nie al die plaasmoordenaars lewenslange tronkstraf nie?

Hansie Slim ·

En nogal brutaal….. Met alle respek,,,,, HUH
ELKE plaasaanval is brutaal

Anoniem ·

Dis net vir my snaaks hoe die 3 daar gaan werk het, en “iemand” het hulle gesien en toevallig 2 dae na hulle weg is om te gaan werk is hulle as vermis aangegee en hoe gou is die grafte gaan ontdek. Geensins dat ek dit goedpraat nie; inteendeel. Maar dis maar net vir my opvallend.

.. asook die feit dat al 3 van agter geskiet is. Wat het die ander 2 gedoen ten tye van die aanval? Hulle was tog jonk en sterk en mens sal verbete veg vir jou lewe.. Twee van hulle sou die man kon oorval aangesien hy oor die 60 jaar oud is? Dit maak nie heeltemal sin nie.

Hansie Slim ·

As jy nou sou wou bespiegel… Wie sê die mans is nie een een deur die eienaar ondervra oor diamante wat verduister geraak het? En was die oom toe kwaad toe hulle die een na die ander die skuld verplaas? Die woord aanval voel vir my al meer on van pas. Maar wie is ek om enigsins iets te sê? Nie ek of jy was daar of in die hof.

Denise ·

One man with a gun can control hundred people without a gun !!!

Chris Ws ·

Dis skokkend!Ek hoop hy dien die 3 vonnisse NA mekaar uit en nie gelyktydig nie.Dis immers 3 misdade met elk sy vonnis.So hy hoord 75 jaar agter tralies te sit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.