Man gevonnis oor drie bejaardes se moord

Jacaranda Lodge-aftreeoord.

Kershwin Goldstone (28) is Woensdag in die Pietermaritzburg-streekhof gevonnis in verband met die moord op drie bejaarde persone, tussen 88 en 92 jaar oud.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Goldstone is drie keer lewenslange tronkstraf opgelê, tot 15 jaar gevonnis op elk van vier aanklagte van roof en vyf jaar elk op twee aanklagte van huisbraak en diefstal.

Dié vonnis volg nadat die hof gehoor het hoe hy senior burgers verlede maand dae uitmekaar by twee ouetehuise in Pietermaritzburg vermoor het.

Patricia Elizabeth Tugwell (89) is op 31 Julie dood aangetref in haar woonstel by die Jacaranda Lodge-aftreeoord. ʼn Verpleegster het op haar liggaam afgekom. Haar keel is glo met ʼn skêr oopgesny.

Die moord op Tugwell het gevolg dae nadat Roland Heathcote (89) in dieselfde aftreeoord, in Pietermaritzstraat, vermoor is. Heathcote se liggaam is op 21 Julie in sy kamer by die aftreeoord gevind. Hy is met ʼn skerp voorwerp in die kop gesteek. Daar is volgens berigte ook ʼn skêr op die moordtoneel gevind. Heathcote, wat nie gebruik van sy bene gehad het nie, het dae voor sy moord sy verjaarsdag gevier.

Net meer as ʼn week voor die moord op Heathcote is Patricia O’Connor (92) in die Kenwyn-aftreeoord, wat in dieselfde straat as die Jacaranda Lodge-aftreeoord is, vermoor. O’Connor se liggaam is op 11 Julie in haar kamer gevind. Sy is verwurg. ʼn Televisie en twee selfone is glo tydens die moord gesteel.

Goldstone het die huise geplunder en die oues se besittings gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Linda ·

Hierdie is n gepaste vonnis en word verwelkom !!! As jy n mens dood maak, maak dit nie saak wat jou geslag en ras is nie, jy moet lewenslange vonnis/doodstraf oogele word !!! Tyd dat ons Regering die doodstraf terug bring.

George ·

Sal ‘n uitstekende idee wees as alle moordsake so vining afgehandel kan word.

kas ·

Dit is ongelukkig nie altyd moontlik nie.DNA en DNS monsters vat lank om te ontleed en forensiese uitslae vat ook lank.Die ondersoeke word deur genoemde faktore beinvloed.Ek wonder of hy skuldig gepleit het.Hy is gearresteer toe hy nog ‘n moord wou gaan pleeg.Knmap gedaan SAPD.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.