Man gevonnis oor driejarige se moord

Die polisie moes die verdagte van die woedende skare red. (Foto soos verskaf soos die SA Polisie)

Waarskuwing: Die berig bevat besonderhede wat sensitiewe lesers en kinders kan ontstel.

Jeffrey Muronga (29) is effektief 25 jaar tronkstraf opgelê op aanklag van verkragting, moord, ontvoering en dwarsboming van die gereg.

Mashudu Malabi-Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Muronga het skuld beken op die aanklagte en is skuldig bevind en gevonnis in die hooggeregshof in Polokwane.

“In sy pleitooreenkoms het hy gesê hy het die oorledene, Melania Ruben, ʼn driejarige meisie, op 17 November 2020 in Vingerkraal, Bela-Bela, ontmoet waar sy met ander kinders gespeel het. Hy het haar gevra om hom saam met hom na sy huis toe te kom.”

Hy het Melania gevra om buite te bly terwyl hy bad en daarna het hy haar ingenooi. Hy het haar gevra om op sy bed te sit waarna hy ʼn mes in die kombuis gaan haal het. “Hy het haar genader, een keer in die nek met die mes gesteek en sy het baie begin bloei. Die beskuldigde erken hy het haar verkrag en met ʼn byl op die voorkop geslaan. Sy is op slag dood.”

Hy het haar liggaam in ʼn duvet toegedraai, dit in ʼn sak gesit en haar liggaam naby ʼn rivierstroom gaan neersit.

Die beskuldigde het later na ʼn plaas in die omgewing gevlug en het vyf dae lank daar gebly.

Maroela Media het vroeër berig die polisie in Limpopo moes Muronga van ʼn woedende skare red wat hom beetgekry en ernstig aangerand het. Klein Melania Ndacha Ruben is in die sorg van bure in die Vingerkraal-nedersetting gelaat toe sy spoorloos verdwyn het.

“Die beskuldigde het in sy pleitooreenkoms gesê die kind is dood as gevolg van sy optrede. Hy het die hof, die kind se familie en die gemeenskap gesmeek om hom te vergewe.”

Regter Francis Maake Kganyago het tydens vonnisoplegging gesê die oorledene was net ʼn klein, onskuldige kind wat ʼn pynvolle dood gesterf het. Hy het Muronga effektief 25 jaar tronkstraf opgelê op al die aanklagte.

Die NVG loof adv. Nkhetheni Munyai en ondersoekbeampte kapt. Dana Smith van die Bela-Bela-polisiestasie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sarel ·

Wat beteken ” Effektief” in due Suid-Afrikaanse Regstelsel
Geen Parool voor na 25 jr nie?

Jixy ·

“Life sentence in SA has an indeterminate length and may last for the remainder of the offender’s life.”
Dis wat die internet se, maar ek is nie seker of dit wel so gedoen word nie.

Di ·

AL hierdie verkragters moet gekastreer word, PUNT. Hierdie tipe verander NOOIT en sal dit oor en oor doen.

Jakes ·

Die gemors verdien nie om te lewe nie. Ek is teleurgesteld in die skare dat hulle hom nie kon klaar vonnis nie. In Dubai sou hy in die publiek tereg gestel word binne n uur ná hy gevonnis was. Sy vergifnis wat hy gevra het en verskoning wat hy gegee het beteken absoluut niks nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.