Man gevonnis oor gesteelde koperkabels van R1,2 miljoen

Johannes Willem Harmse (Foto verskaf deur die Valke)

Johannes Willem Harmse (59) is skuldig bevind op aanklag van die diefstal en besit van koperkabel wat in September 2015 op Klipspruitplaas in Delmas plaasgevind het.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê beamptes het op 30 September 2015 ʼn operasie uitgevoer. “[Harmse] is in hegtenis geneem direk ná hy die geld oorhandig het vir nege dromme gerolde kabels ter waarde van R1,2 miljoen.”

Harmse is in die Delmas-landdroshof skuldig bevind op aanklag van diefstal en die besit van gesteelde koperkabel. “Hy is tot ses jaar tronkstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is, op voorwaarde dat hy nie in dié periode skuldig bevind word aan diefstal of enige gesteelde eiendom ontvang nie.”

Genl.maj. Zodwa Mokoena, hoof van die Valke in Mpumalanga, hoop die vonnisoplegging stuur ʼn boodskap aan diegene wat gesteelde eiendom wil koop. “Die diefstal van koperkabels benadeel die groei van die land se ekonomie.”

Gesteelde koperkabel (Foto verskaf deur die Valke)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Steve ·

Opgeskorte vonnis?
So hy is uit ek kan voortgaan met sy misdaad?
Soos al ons regerende gespuis met hul aanhoudende korrupsie?
Not good enough

Scalla ·

Solank daar n afset bestaan sal dit nie stop nie, skroothandelaars moet strenger beheer word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.