Man gevonnis oor kind se liggaamsdele in kerk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 25-jarige man van KwaZulu-Natal is Vrydag in die Pongola-streekshof gevonnis ná ʼn vierjarige kind se liggaamsdele onder andere in ʼn kerk in dié dorp opgespoor is.

Lungisani Ntuli is in Julie 2014 ontvoer, vermoor en sy ledemate is afgesny. Van die ledemate is op die St. Jones-kerk se perseel gevind terwyl nog ledemate by ʼn vrou se huis in die area gevind is.

“Nhlanhla Magagula is lewenslange tronkstraf opgelê op aanklag van moord, 10 jaar tronkstraf vir poging tot moord, en vyf jaar elk op twee aanklagte van ontvoering,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Inwoners het destyds woedend gereageer op die moord en die vrou se huis en ʼn rondawel op die kerkterrein aan die brand gesteek. Die kerk is ook gevandaliseer en minstens 15 mense is in hegtenis geneem.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê een van die ontvoeringsaanklagte en die aanklag van poging tot moord hou verband met die ontvoering van nog ʼn vyfjarige seun in Junie verlede jaar. Die seun is gered toe ʼn man op hom en Magagula in ʼn suikerrietplantasie afgekom het.

Lees alle vorige berigte oor Lungisani Ntuli op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dee ·

‘Lewenslank, ‘ (let op die aanhalingstekens en as ek jou daarop moes wys, wees skaam) 10 jaar plus 5 jr X 2 ………… maa’ar die berigskrywer skram weg van die ‘gesamentlik’ of (afsonderlik). So, wat is die werklike straf? Hulle behoort lewenslank ‘effektief’ toegesluit te word (as vuurpeleton steeds koeëls kort).

EMK ·

Net so siek soos daai Sweed wat vrouedele in sy vrieskas gehou het. Yuk! SIEK!

Dee ·

Sweed? Is jy seker? Nie dalk Noorweër? Of was dit ‘n Deen? Ek dink egter jy’s verkeerd.

EMK ·

Dee, laat ons nou nie harekloof oor die monster se afkoms, hy is van ‘n Skandienawiese land en dis dit. Pleks jy jou snedigheid hou vir die monster wat hier dieselfde tipe goed gedoen het ai.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.