Man gevonnis oor mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

Pinityi Shadrack Mathiso (57) is Maandag in die Humansdorp-streekshof in die Oos-Kaap gevonnis in verband met mensehandel vir seksuele doeleindes.

“Mathiso is tot vyf jaar direkte tronkstraf gevonnis,” het kapt. Anelisa Feni, woordvoerder van die Valke, gesê.

Hy het in Julie 2015 drie vroue, onderskeidelik 19, 21 en 27 jaar oud, na sy huis in Jeffreysbaai gelok onder valse voorwendsels dat hy vir hulle werk sou gee. “Mathiso het die drie vroue van Ngqeleni, Matatiele en Mount Frere gelok nadat hy hul telefoonnommers deur ʼn gewilde nasionale radiostasie bekom het. Die drie vroue het elk die radiostasie gebel en regstreeks op die lug gepraat en vir ʼn werk gesmeek. Hulle het hul selfoonnommers regstreeks oor die lug bekend gemaak.”

Toe die 21-jarige en 27-jarige vroue by Mathiso se plakkershut in Jeffreysbaai aangekom het op verskillende dae tydens Julie 2015, was dit vir hulle duidelik daar is geen werk beskikbaar nie, en Mathiso het hulle bloot gekontak om seksuele gunste vir hom te doen. Die twee vroue het geweier om deel te neem en hulle het die saak by die plaaslike departement van maatskaplike ontwikkeling aangemeld.

“Die departement het die saak na die Valke verwys en ná ʼn ondersoek is Mathiso op 19 April 2016 in hegtenis geneem. Die ondersoekbeampte het die 19-jarige in Julie 2015, wat op pad was om na Jeffreysbaai te reis, gewaarsku oor die ware aard van haar bestemming,” het Feni bygevoeg.

Genl.maj. Nyameko Nogwanya, provinsiale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (Valke), het mensehandelaars gewaarsku dat die Valke hulle uiteindelik sal vang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Mensehandel / plaasmoorde – moeilik vir die valke om te kies watter een is prioriteit.

Spokie ·

Wil nou nie jou bubble bars nie, ek is net so ontevrede oor die prioriteit van plaasmoorde. MAAR mensehandel is besig om hand-uit te ruk. Jy wil nie weet hoeveel containers met kinders en vrouens word daagliks op die grense gevind wat of “in- of uitgevoer” word. As jy dit vergelyk, kom plaasmoorde ongelukkig tweede.

christine ·

Hiers iets baie siek die vonnis is lagwekkend belaglik. Hy kom speel duiwel met mense se lewens. Duidelik die vonnis oplegger nie geskik vir sy werk nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.